Dick Turpin (1925-rolprent)
| Dick Turpin | |
|---|---|
| Regisseur | John G. Blystone |
| Produksieleier | William Fox |
| Draaiboek |
|
| Met | |
| Kinematografie | Daniel B. Clark |
| Ateljee | Fox Film Corporation |
| Verspreider | Fox Film Corporation |
| Uitgereik | 24 Januarie 1925 |
| Speeltyd | 70 min |
| Land | |
| IMDb-profiel | |
Dick Turpin is 'n Amerikaanse stilrolprent uit 1925. John G. Blystone is die regisseur.[1][2] Die hoofrolspelers is Tom Mix, Kathleen Myers en Philo McCullough.
Die rolprent is vervaardig en versprei deur Fox Film Corporation en met die westernheld Tom Mix in die hoofrol. Mix vertrek van sy gewone westerse rolle om 'n Britse historiese figuur, die hoofwegrower Dick Turpin (1705–1739) te speel. 'n Jong Carole Lombard is in verskeie tonele verfilm wat meestal op die snykamervloer beland het.[3][4]
Storielyn
[wysig | wysig bron]Soos beskryf in 'n resensie in 'n rolprenttydskrif,[5] was daar 'n paar honderd jaar gelede in Engeland 'n bekende hoofwegrower, Dick Turpin (Mix), wat die rykes beroof het en die armes gehelp het. Op 'n dag het hy Lord Churlton (McCullough) teëgekom en 'n bietjie later, om 'n koets te help wat deur skelms aangeval is, vind hy dat Lady Brookfield (Myers) ‘n insittende was Sy sê vir hom dat sy met Lord Churlton moet trou. Dick maak sy identiteit bekend en bied aan om haar te help. By die herberg aangekom, sien Dick hoe Lady Alice mansklere aantrek en uitsluip terwyl hy ontsnap na 'n gewaagde hardloopgeveg met die wagte. Hulle reis na Londen. Lord Churlton volg en wanneer dit lyk of hy gevang gaan word, vermom Dick homself as 'n bokser en gaan in die ring. Soos die wagte nader kom, ontsnap hy weer deur die prysgeld vir die gepeupel te gooi. In die woud verklaar hy sy liefde vir Alice. ’n Arm vrou verskyn wat om sy hulp vra, en hy ontdek homself omring deur wagte. Tronk toe geneem, word hy ter dood veroordeel. By die galg vind hy sy vriend, Tom King (Hale), het die plek van die hangman ingeneem het. Tom sê vir hom dat die skare by hom is en hy moet poog om te ontsnap. Hy ontsnap op sy beroemde perd, Black Bess, en vertrek dadelik na York om Lady Alice te help. Vir dae hou die wagte die agtervolging voort, een vir een gee uit, totdat die laaste een naby die reis se einde beswyk. Dick kom net betyds aan om Lady Alice te red. Die twee ontsnap na Frankryk. Dick gee sy lewe op die pad op en die twee vind geluk.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Tom Mix as Dick Turpin
- Kathleen Myers as Alice Brookfield
- Philo McCullough as Churlton
- James Marcus
- Lucille Hutton as Sally
- Alan Hale as Tom King
- Bull Montana
- Jack Herrick as Bristol Bully
- Fred Kohler as Taylor
Bewaring
[wysig | wysig bron]Afdrukke van Dick Turpin is te vinde in die George Eastman House Motion Picture Collection, Cinemateket-Svenska filminstitutet (Stockholm), en twee verskillende weergawes in die UCLA Film and Television Archive.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Dick Turpin
- ↑ Dick Turpin
- ↑ Progressive Silent Film List: Dick Turpin at silentera.com
- ↑ The AFI Catalog of Feature Films: Dick Turpin
- ↑ Sewell, Charles S. (7 Februarie 1925). "Dick Turpin; As Historic English Highwayman, Tom Mix Has Congenial Role and Scores Heavily in Fox Feature". The Moving Picture World. 72 (6). New York City: Chalmers Publishing Co.: 555-556. Besoek op 19 Augustus 2021.
- ↑ The Library of Congress American Silent Feature Film Survival Catalog: Dick Turpin
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Dick Turpin (1925-rolprent).
Wikiquote het aanhalings deur Dick Turpin (1925-rolprent).- Dick Turpin (1925-rolprent) in die Internet-rolprentdatabasis