Gaan na inhoud

Doornfontein (plaas)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Image
'n Kaart van die plase waarop die Witwatersrand aangelê is met die dagsoom daarop aangedui.
Image
Die grense van die plaas Doornfontein in 1929 met al die destydse voorstede daarop aangedui.
Image
Die boomryke voorstad Kensington, een van Johannesburg se grootstes wat oppervlak sowel as bevolking betref, is in 1903 op Doornfontein uitgelê.

Doornfontein is een van die plase waarop die oudste dele van Johannesburg gebou is, onder meer die voorstede Bellevue en Bellevue-Oos, Belgravia, Berea, Bertrams, Bezuidenhoutsvallei, City and Suburban, Cleveden, Cleveland, Cyrildene, Denver, Fairview, Jeppestown, Judith's Paarl, Lorentzville, Malvern, Nieu-Doornfontein, Observatory, Troyeville, Yeoville en Doornfontein self.

In 1853 is die inspeksiekommissie deur Barend C. Viljoen, bewoner van die stuk grond bekend as "doren fontijn", versoek om die grond te inspekteer sodat 'n grondbrief aan hom uitgereik kon word. Die grond is egter eers op 20 September 1861 op sy naam getransporteer. Teen 1865 het die plaas oorgegaan in die hande van sy skoonseun en enigste erfgenaam, Frederik Jacobus Bezuidenhout. Bezuidenhout het hom op Doornfontein gevestig en sy woonhuis van modder, klip en riete gebou. Tot 1886 is nie 'n enkele gedeelte van die plaas vervreem nie.

Munisipale kiesers

[wysig | wysig bron]

Die meer gegoede voorstede op die plaas Doornfontein was tradisioneel oorwegend Engels en Joods, terwyl die minder gegoede voorstede 'n groter Afrikaanse bevolking gehad het, soos blyk uit die opgaaf van munisipale kiesers volgens voorstad in Johannesburg vir die jare 1934, 1949 en 1961. Tog was die streek in sy geheel oorwegend Engels sodat teen 1961 net Cleveland meer Afrikaanse as Engelse kiesers gehad het.

193419491961
VoorstadAfrikaansEngelsAfrikaansEngelsAfrikaansEngels
Belgravia679225(341)(1115)25
Bellevue109237954339113433643
Berea215333221637439466004
Bertrams115680312845362618
Bezuidenhoutsvallei78919381187252515853112
City and Suburban10657541812693519
Cleveden9181546
Cleveland81118184220302263
Cyrildene701025(70)(1025)
Denver1712689370210263
Doornfontein9112082841246447835
Fairview2461001449864484673
Highlands51126015911372684
Jeppestown71917842398281022722389
Judith's Paarl89548194766109199
Kensington63264101277952113307858
Linksfield550424247505
Lorentzville101390164424323404
Malvern58636291686380515072927
Nieu-Doornfontein95131718812653060
Observatory497048017081112712
Randview29934
Reynolds View2567216102
Troyeville34020971179207510671111
Yeoville92270919439174734738

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
  • (af) Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.

Verwysings

[wysig | wysig bron]