Gaan na inhoud

Kougoed

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kougoed, Kanna
Image
Kougoed
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Caryophyllales
Familie: Aizoaceae
Genus: Mesembryanthemum
Spesie:
M. tortuosum
Binomiale naam
Mesembryanthemum tortuosum
(L.) N.E.Br.
Sinonieme
  • Sceletium tortuosum (L.) N.E.Br.

Kougoed, ook: kanna, hotnotskougoed (Mesembryanthemum tortuosum) is 'n plant uit die vygiefamilie wat voorkom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.[1]

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Die plant vorm slank takkies wat kruip of klim en wat met ouderdom houtig kan word. Die blomme word 2-3 cm groot en is bleekgeel of -pienk. Hulle word deur insekte bevrug. Die vrug is 1-1,5 cm groot en gaan oop wanneer dit vogtig is. Dit kom op kwartsgrond voor.[2]

Gebruik

[wysig | wysig bron]

Die plant word gebruik vir sy eienskappe as 'n dwelmmiddel wat neerslagtigheid demp. Die Khoi en die Boesmans het dit reeds gebruik.[3] Saam met dagga, het kanna 'n belangrike element in die prekoloniale uitruil-ekonomie van suidelike Afrika gevorm.[4] Die eerste bekende geskrewe verslag van die gebruik van die plant was in 1662 deur Jan van Riebeeck, alhoewel die Engelse Oos-Indiese Kompanjie-amptenaar in Hirado, Richard Cocks, kanna se eienskappe verduidelik het deur dit te vergelyk met dié van ginseng so vroeg as 1616.[5] In die sewentiende en agtiende eeue het Europese skrywers soos Peter Kolb en Guy Tachard verkeerdelik veronderstel dat kanna moontlik dieselfde plant as Oos-Asiatiese ginseng kan wees, weens sy stimulerende eienskappe.[5] Vandag word dit wetenskaplik ondersoek en bestaan daarvan 'n gestandaardiseerde ekstrak wat Zembrin genoem word. Daar is aanwysings dat dit PDE4 en die heropname van 5-HT (serotinien) inhibeer.[6] Een van die aktiewe stowwe is die alkaloïed mesembrien.[7]

Image
Die mesembrien-
molekule

Galery

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "SANBI" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020.
  2. ↑ "plantZAfrika" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2016. Besoek op 26 Oktober 2016.
  3. ↑ "Kanna: the wonder of Africa" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2020.
  4. ↑ GORDON, DAVID (1 November 1996). "From Rituals of Rapture to Dependence: The Political Economy of Khoikhoi Narcotic Consumption, c.1487–1870". South African Historical Journal. 35 (1): 62-88. doi:10.1080/02582479608671247. ISSN 0258-2473.
  5. 1 2 Giovannetti-Singh, Gianamar (6 Augustus 2025). "Colonial world-making and global knowledges at the early modern Cape of Good Hope". Past & Present (in Engels). doi:10.1093/pastj/gtaf018. ISSN 0031-2746.
  6. ↑ Acute Effects of Sceletium tortuosum (Zembrin), a Dual 5-HT Reuptake and PDE4 Inhibitor, in the Human Amygdala and its Connection to the Hypothalamus, David Terburg, Supriya Syal, Lisa A Rosenberger, Sarah Heany, Nicole Phillips, Nigel Gericke, Dan J Stein, and Jack van Honk, Neuropsychopharmacology. 2013 Dec; 38(13): 2708–2716..
  7. ↑ Synthesis of Naturally Occurring Nitrogen Heterocycles from Carbohydrates, El Sayed H. El Ashry, Ahmed El Nemr, John Wiley & Sons, 2008, ISBN 1-4051-4479-3, ISBN 978-1-4051-4479-7, bls. 364