Gaan na inhoud

Peter Howitt

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Peter Wilkinson Howitt[1] (gebore 31 Mei 1946[2][3]) is 'n Kanadese ekonoom. Hy is tans die Lyn Crost Professor in Sosiale Wetenskappe aan Brown-universiteit. Hy en Philippe Aghion het die helfte van die Nobel Gedenkprys in Ekonomiese Wetenskappe in 2025 gedeel "vir die teorie van volgehoue groei deur kreatiewe vernietiging."[4]

Vroeë lewe en opvoeding

[wysig | wysig bron]

Howitt is in 1946 in Guelph, Kanada, gebore.[5]

Howitt het sy BA in ekonomie in 1968 aan die McGill-universiteit verwerf.[6] Daarna het hy in 1969 'n Meestersgraad in ekonomie aan die Universiteit van Wes-Ontario verwerf.[6] Howitt het sy PhD in Ekonomie in 1973 aan die Northwestern-universiteit verwerf.[4] Sy doktorale adviseur was Robert W. Clower.[7]

Akademiese loopbaan

[wysig | wysig bron]

Howitt het na Kanada teruggekeer nadat hy sy PhD verwerf het en van 1972 tot 1996 aan die Universiteit van Wes-Ontario doseer.[6] Hy het in 1996 'n fakulteitslid aan die Ohio State University geword en in 2000 by Brown-university aangesluit, waar hy sedertdien gebly het.[6]

Hy het in 1993–1994 as president van die Canadian Economics Association gedien en was die redakteur van die Journal of Money, Credit, and Banking in die tydperk 1997–2000.[8]

Akademiese loopbaan

[wysig | wysig bron]

Howitt het na Kanada teruggekeer nadat hy sy PhD verwerf het en van 1972 tot 1996 aan die Universiteit van Wes-Ontario doseer.[6] Hy het in 1996 'n fakulteitslid aan die Ohio State University geword en in 2000 by Brown-university aangesluit, waar hy sedertdien gebly het.[6]

Hy het in 1993–1994 as president van die Canadian Economics Association gedien en was die redakteur van die Journal of Money, Credit, and Banking in die tydperk 1997–2000.[8]

Eerbewyse en toekennings

[wysig | wysig bron]

Howitt is 'n genoot van die Econometric Society sedert 1994[9] en 'n genoot van die Royal Society of Canada sedert 1992.[8]

In 2019 het Howitt en Philippe Aghion gesamentlik die BBVA Foundation Frontiers of Knowledge-toekenning in Ekonomie ontvang.[10] Howitt en Aghion is gesamentlik die helfte van die Nobel-gedenkprys in Ekonomiese Wetenskappe in 2025 toegeken "vir die teorie van volgehoue groei deur kreatiewe vernietiging", die ander helfte gaan na Joel Mokyr.[4]

Boeke

[wysig | wysig bron]
  • Howitt, Peter (1990). The Keynesian Recovery and Other Essays (in Engels). Philip Allan. ISBN 978-0-86003-081-2.
  • Howitt, Peter, red. (1996). The implications of knowledge-based growth for micro-economic policies. The Industry Canada research series. Calgary, Alberta: Univ. of Calgary Press. ISBN 978-1-895176-78-0.
  • Howitt, Peter; Aghion, Philippe (1998). Endogenous growth theory. Cambridge, Massachusetts: MIT Press. ISBN 9780262011662.
  • Howitt, Peter; De Antoni, Elisabetta; Leijonhufvud, Axel (1999). Money, markets and method: essays in honour of Robert W. Clower. Cheltenham Northampton (Mass.): E. Elgar. ISBN 978-1-85898-901-3.
  • Aghion, Philippe; Howitt, Peter W. (2008-12-19). The Economics of Growth (in Engels). MIT Press. ISBN 978-0-262-30389-7.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "Wilfrid Laurier University announces honorary degree recipients". www.laurieralumni.ca (in Engels). Besoek op 2025-10-13.
  2. ↑ "Peter Howitt facts". The Nobel Prize.
  3. ↑ Chevance, Catherine. "Scientific Folder DHC Peter Howitt - Gredeg". Gredeg (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2025-04-25. Besoek op 2025-10-14.
  4. 1 2 3 The Royal Swedish Academy of Sciences (13 Oktober 2025). "The Prize in Economic Sciences 2025" (PDF).
  5. ↑ Bueckert, Kate. "Guelph's Peter Howitt Nobel win 'a proud moment' for Ontario universities where he studied and worked". CBC News.
  6. 1 2 3 4 5 6 "Brown University economics professor Peter Howitt wins Nobel Prize in Economic Sciences | Brown University". www.brown.edu (in Engels). 2025-10-13. Besoek op 2025-10-13.
  7. ↑ Laidler, David (2022-01-01). "2022-11 Peter Howitt – a Keynesian Still in Recovery". University of Western Ontario Department of Economics Research Report Series (in Engels). hdl:20.500.14721/11869.
  8. 1 2 3 Mcdevitt, Neale (2025-10-13). "McGill Alumnus Peter Howitt awarded 2025 Nobel Prize in Economics for work on innovation and growth". McGill Reporter (in Canadian English). Besoek op 2025-10-13.
  9. ↑ "Current Fellows". www.econometricsociety.org (in Engels). Besoek op 2025-10-13.
  10. ↑ "Peter Howitt, 12th Frontiers of Knowledge Award in Economics, Finance and Management". Premios Fronteras (in Engels). Besoek op 2025-10-13.[dooie skakel]