Treurvy
| Treurvy | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Plantae |
| Klade: | Tracheofiete |
| Klade: | Angiospermae |
| Klade: | Eudicots |
| Klade: | Rosids |
| Orde: | Rosales |
| Familie: | Moraceae |
| Genus: | Ficus |
| Spesie: | F. benjamina |
| Binomiale naam | |
| Ficus benjamina L., (1767) | |
| Sinonieme | |
Die treurvy (Ficus benjamina) is ’n spesie blomplante in die familie Moraceae, wat inheems is aan Suid- en Suidoos-Asië en Australië. Dit is die amptelike boom van Bangkok.
Eienskappe
[wysig | wysig bron]Die boom word 30 meter hoog in natuurlike toestande, waar sy vrugte deur verskeie voëls geëet word. Die blink, afhangende, ovaalvormige blare word 6 tot 13 cm lank. Binnenshuis word dit sowat 5 meter hoog.
Dit is ’n gewilde huisplant in gematigde streke omdat dit nie veeleisend is nie. Dit verkies helder, sonnige plekke, maar sal heelwat skaduwee kan hanteer. Dit het in die somer ’n gemiddelde hoeveelheid water nodig, en in die winter net genoeg om te keer dat dit uitdroog. Die plant is sensitief vir koue en moenie in ’n trek staan nie. Binnenshuis kan dit te groot word en snoei nodig hê.
Die boom se vrugte is eetbaar, maar dit word nie gewoonlik vir sy vrugte gekweek nie. Die blare is baie sensitief vir ’n klein verandering in die hoeveelheid lig. Wanneer dit geskuif of gedraai word, kan dit baie van sy blare verloor en dit vervang met nuwe blare wat aan die nuwe ligsituasie gewoond is.
Verskeie kultivars is beskikbaar, onder meer 'Danielle', 'Naomi', 'Exotica' en 'Golden King'. Sommige kultivars se blaarpatrone kan wissel van lig- tot donkergroen, en sommige het gestreepte blare. Die dwergkultivars soos 'Too Little' is van die gewildste plante vir binnenshuise bonsais.
Probleme
[wysig | wysig bron]As die blare geel word, kry dit te veel water. As die blare afval, kry dit te min lig of staan dit in ’n trek. Rooimyte en dopluise kan voorkom.[1]
Verspreiding
[wysig | wysig bron]Die spesie kom natuurlik voor in Australië, Andaman-eilande, Bangladesj, Bismarckargipel, Borneo, China, Hainan, Filippyne, Indië, Java, Kambodja, Laos, Klein-Soenda-eilande, Maleisië, Mianmar, Molukke, Nepal, Nieu-Guinee, Nicobar-eilande, Salomonseilande, Soematra, Soelawesi, Taiwan, Thailand en Viëtnam.
Sinonieme
[wysig | wysig bron]- Ficus benjamina subsp. comosa (Roxb.) Panigrahi & Murti
- Ficus benjamina var. nuda (Miq.) M.F.Barrett
- Ficus comosa Roxb.
- Ficus cuspidatocaudata Hayata
- Ficus dictyophylla Wall.
- Ficus haematocarpa Blume ex Decne.
- Ficus neglecta Decne.
- Ficus nepalensis Blanco
- Ficus nitida Thunb.
- Ficus notobor Buch.-Ham. ex Wall.
- Ficus nuda (Miq.) Miq.
- Ficus papyrifera Griff.
- Ficus parvifolia Oken
- Ficus pendula Link
- Ficus pyrifolia Salisb.
- Ficus reclinata Desf.
- Ficus retusa var. nitida (Thunb.) Miq.
- Ficus striata Roth
- Ficus umbrina Elmer
- Ficus xavieri Merr.
- Urostigma benjaminum (L.) Miq.
- Urostigma benjaminum var. nudum (Miq.) Miq.
- Urostigma haematocarpum Miq.
- Urostigma neglectum Miq.
- Urostigma nitidum (Thunb.) Miq.
- Urostigma nitidum Gasp.
- Urostigma nudum Miq.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Galery
[wysig | wysig bron]- ’n Boom in Indië.
- Die boom se blare van naby.
- Die boomstam.
- Die blare.
- Die treurvy as ’n sierplant.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Treurvy.
Wikispecies het meer inligting verwant aan Treurvy
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
- Ficus
- Blomme
- Huisplante
- Sierplante
- Tuinplante
- Uitheemse bome in Suid-Afrika
- Flora van Australië
- Flora van die Andaman-eilande
- Flora van Bangladesj
- Flora van die Bismarckargipel
- Flora van Borneo
- Flora van die Volksrepubliek China
- Flora van Hainan
- Flora van die Filippyne
- Flora van Indië
- Flora van Java
- Flora van Kambodja
- Flora van Laos
- Flora van die Klein-Soenda-eilande
- Flora van Maleisië
- Flora van Mianmar
- Flora van die Molukke
- Flora van Nepal
- Flora van Nieu-Guinee
- Flora van die Nicobar-eilande
- Flora van Salomonseilande
- Flora van Soelawesi
- Flora van Soematra
- Flora van Taiwan
- Flora van Thailand
- Flora van Viëtnam
- Plante wat in 1767 beskryf is