Cortina d'Ampezzo
| Kaart van Veneto | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Gewes | |
| Provinsie | Belluno (BL) |
| Koördinate | 46°32′N 12°08′O / 46.533°N 12.133°O |
| Stigting | - |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 254,51 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 1 224 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (31 Desember 2021) | 5 669 |
| - Bevolkingsdigtheid | 22,3/vk km |
| Tydsone | UTC +1 (MET) |
| - Somertyd | UTC +2 (MEST) |
| Burgemeester | Gianpietro Ghedina |
| Amptelike webwerf | Cortina d'Ampezzo |
Cortina d'Ampezzo (Italiaans: [korˈtiːna damˈpɛttso]; Ladinies: Anpezo of Ampëz; historiese Duitse naam: Hayden) is 'n stad en munisipaliteit in die Italiaanse provinsie Belluno (administratiewe gewes Veneto) met 'n bevolking van 5 669.

Die stad lê teen 'n hoogte van 1 211 meter bo seevlak in die Dolomiete-reeks (Ampezzaanse Alpe) en is die grootste nedersetting in Ladinia. As 'n bekende wintersportsentrum het Cortina d'Ampezzo as gasheerstad van die VIIde Olimpiese Winterspele van die jaar 1956 asook die Alpynse wêreldbekertoernooie van die jare 1932 en 1941 opgetree. Die Olimpiese Winterspele 1944 sou ook in Cortina d'Ampezzo aangebied word, maar dié is ná die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas.[1] Saam met Milaan het Cortina d'Ampezzo tussen 6 en 22 Februarie 2026 ook as gasheer van beide die Olimpiese Winterspele en die Paralimpiese Winterspele opgetree. Die stad word in ekonomiese en kulturele opsig deur die toerisme oorheers.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 13 November 2018.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Cortina d'Ampezzo.- (en) Toerisme-inligting oor Cortina d'Ampezzo op Wikivoyage
- (it) Amptelike webwerf
- (en) "Cortina d'Ampezzo". Encyclopædia Britannica. Besoek op 19 Maart 2026.


