Gaan na inhoud

Aartsbiskop van Kantelberg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Image
Sarah Mullally, aartsbiskop van Kantelberg
Image
Justin Welby, die vorige aartsbiskop van Kantelberg

Die Aartsbiskop van Kantelberg (Engels: archbishop of Canterbury) is die religieuse hoof van die Kerk van Engeland en die simboliese hoof van Anglikaanse kerke oor die hele wêreld. Hy is die regstreekse opvolger van die eerste aartsbiskop, Augustinus van Kantelberg. Die aartsbiskop word deur die Britse monarg onder leiding van senior biskope, in samewerking met die eerste minister van die Verenigde Koninkryk, gekies.

Die amp, Aartsbiskop van Kantelberg, is in die jaar 597 ingevoer.[1] In daardie jaar het St. Augustinus in Engeland, in die gebied genaamd Kent, gearriveer. Hy is deur die pous gestuur om die plaaslike bevolking tot die Christendom te bekeer. Toe hul koning (Æthelberht van Kent) 'n Christen word, het die mense hom en die Christendom aanvaar. Augustinus was die eerste biskop in die koninkryk van Kent en is later as aartsbiskop erken toe 'n tweede bisdom geskep is. Sedertdien is daar 'n aartsbiskop by Canterbury (Kantelberg) in Kent.

Die aartsbiskop van Kantelberg was aanvanklik ook die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk in Engeland, maar in die 16de eeu het die Engelse Kerk van die Roomse Kerk weggebreek. Die nuwe kerk is die Kerk van Engeland genoem en die aartsbiskop is sedertdien die leier van die kerk.

Sarah Mullally dien sedert 25 Maart 2026 as die 106de aartsbiskop. Sy is die eerste vroulike aartsbiskop ooit.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Archbishop of Canterbury". Aartsbiskop van Kantelberg. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2015. Besoek op 1 Desember 2015.
  2. (en) Aleem Maqbool, Maia Davies (25 Maart 2026). "'Teenage me could not have imagined this' says first female Archbishop of Canterbury". BBC. Besoek op 25 Maart 2026.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]