Gaan na inhoud

Bongmusa Mthembu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bongmusa Mthembu (gebore 27 Junie 1983) is 'n Suid-Afrikaanse ultramaraton-atleet.[1][2]

Hy is in Bulwer, 'n landelike dorp naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, Suid-Afrika gebore.[3]

Na matrikulasie het hy Bulwer verlaat en na Pietermaritzburg verhuis. Hy is as 'n messelaar aangestel. In daardie tyd het hy slegs vir fiksheid gehardloop. In 2004 het hy begin om aan lang wedlope deel te neem en in 2005 het hy die Maritzburg-maraton gewen.

Hy is bekend vir sy prestasies by die Comrades-maraton, wat jaarliks tussen Durban en Pietermaritzburg in Suid-Afrika gehardloop word, waar hy 'n driemalige wenner (2014, 2017 en 2018) en 'n agtmalige goue medaljewenner is, en tussen 2009 en 2019 in die top 10 geëindig het. In 2019 het hy sy wedren-eerbewyse uitgebrei deur die 56 km Twee Oseane-maraton rondom Kaapstad te wen.

Hy het Suid-Afrika ook op die wêreldverhoog verteenwoordig. Mthembu het onderskeidelik 2de en 3de geëindig by die IAU 100 km Wêreldkampioenskappe in 2016 en 2018. In 2019 het Mthembu Suid-Afrika verteenwoordig by die IAU 50 km Wêreldkampioenskappe in Brasov, Roemenië, waar hy 7de individueel geëindig het.[4] Die Suid-Afrikaanse span het die goue medalje in spanpunte verower.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Peters, Carl Peters (5 Junie 2017). "Bongmusa Mthembu: From bricklayer to Comrades glory". News24. Besoek op 1 Maart 2019.
  2. "#Comrades2018: Everything you need to know about winner Bongumusa Mthembu". thesouthafrican.com. 10 Junie 2018. Besoek op 1 Maart 2019.
  3. "Running is my life – Bong'musa Mthembu - City Press". City Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2014.
  4. "Results – IAU 50KM World Championships". brasov50km.com. Besoek op 26 Desember 2019.
  5. "Rezultate – Campionatul Mondial de Alergare de 50KM". brasov50km.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Desember 2019. Besoek op 26 Desember 2019.