Damaskus
Damaskus دمشق Damas | |
|---|---|
Stad | |
| Byname: Stad van Jasmyn (مدينة الياسمين) | |
| Koördinate: 33°30′47″N 36°17′31″O / 33.51306°N 36.29194°O | |
| Land | |
| Goewerneurskap | Damaskus |
| Regering | |
| • Tipe | Burgemeester-en-raadsregering |
| • Goewerneur | Bishr Al Sabban |
| Oppervlak | |
| • Stad | 105 km2 (40,5 vk. myl) |
| • Land | 77 km2 (29,7 vk. myl) |
| Hoogte | 680 m (2 231 ft) |
| Bevolking | |
| • Stad | 1 834 741 |
| • Digtheid | 6 605/km2 (17 110/vk. myl) |
| • Metro | 2 799 960 |
| Tydsone | UTC+3 (AST) |
| Poskode | 0100 |
| Skakelkodes | 11 |
| Webwerf | damascus.gov.sy |
Damaskus (Arabies: دمشق Dimashq, Frans: Damas) is die hoofstad en die grootste stad van Sirië met 'n bevolking van sowat 1 834 741 in 2010 en 'n oppervlakte van 105 km². Damaskus is die oudste steedsbewoonde hoofstad ter wêreld en word as Unesco-Wêrelderfenisgebied gelys.[1][2][3][4]
Die stad vorm sy eie plaaslike regering en is ook die hoofstad van Rif Dimashq distrik. Die stad is die tuiste van sowat 1,8 miljoen mense; volgens die ranglys van Siriese stede is dit die grootste stad van die land, met Aleppo tweede. Die stad word in die volksmond Sham genoem. Die Arameese vorm van die naam, Darmsûq, beteken "'n goed bewaterde land".[5]
Die stad staan in Sirië in die volksmond as aš-Šām bekend en word poëties die "Stad van Jasmyn" (مَدِيْنَةُ الْيَاسْمِينِ, Madīnat al-Yāsmīn) genoem. Damaskus is 'n belangrike kulturele middelpunt van die Levant en die Arabiese wêreld.[6]
Damaskus lê in die suidweste van Sirië en is die middelpunt van 'n groot metropolitaanse gebied. Dit is teen die oostelike voetheuwels van die Anti-Libanongebergte geleë, 80 km binneland vanaf die oostelike kus van die Middellandse See, op 'n plato 680 m bo seevlak. Die stad het 'n dor klimaat weens die reënskadu-effek, en die Baradarivier vloei daardeur.[7]
Damaskus is een van die oudste steedsbewoonde stede ter wêreld. Dit is die eerste keer in die 3de millennium v.C. bewoon en is van 661 tot 750 as die hoofstad van die Ommajade-kalifaat gekies. Ná die oorwinning van die Abbasidiese dinastie is die setel van Islamitiese mag na Bagdad verskuif. Volgens sommige is Damaskus die vierde heiligste stad in die Islam. Die stad se belang het deur die Abbasidiese era afgeneem, maar dit het weer beduidende belang in die Ajjubidiese, Mamelukke- en Ottomaanse tydperke verkry.[8]
Vandag is dit die setel van die sentrale regering van Sirië. Tydens die Siriese Burgeroorlog is Damaskus as die minste bewoonbare stad van 140 wêreldstede in die Global Liveability Ranking aangewys; vanaf Junie 2023 was dit die minste bewoonbare van 173 wêreldstede in dieselfde ranglys. In 2017 is twee ontwikkelingsprojekte in Damaskus van stapel gestuur om nuwe woonwyke te bou, Marota City en Basillia City, om die naoorlogse heropbou te simboliseer.[9][10]
Naam en etimologie
[wysig | wysig bron]Die naam van Damaskus verskyn die eerste keer in die geografiese lys van Toetmoses III as tjmsqw in die 15de eeu v.C. Die etimologie van die antieke naam tjmsqw (T-ms-q.w) is onseker. 'n Aantal Akkadiese spellings kom in die Amarna-briewe uit die 14de eeu v.C. voor: Dimašqa en Dimašqì.[11]
In die Nieu-Assiriese Akkadies is dit as Ša-imerišu opgeteken. Later kom die Arameese Damašq in Ou-Aramees en Dammeśeq in Bybelse Hebreeus voor; spellings van die naam sluit dikwels 'n indringende resh (die letter r) in, moontlik onder invloed van die stam dr, wat "woning" beteken. Vandaar die Qumraniese Darmeśeq en die Siriese Darmsûq, wat "'n goed bewaterde land" beteken.[12]
In die Griekse mitologie is daar drie verklarings vir die stad se naam Damaskós (Δαμασκός). Volgens een is dit na die reus Askos (Ἄσκος) vernoem. 'n Ander sê dit is vernoem na Damaskos, die seun van Hermes en die nimf Alimede, wat van Arkadië na Sirië gereis het en 'n stad met sy naam gestig het. 'n Derde weergawe hou dit dat Damaskos 'n man was wat, nadat Dionusos Sirië met wingerde vrugbaar gemaak het, hulle met 'n byl afgekap het; woedend het Dionusos hom agtervolg en gevil. Sy oorspronklike naam was Darmaskos, wat later tot Damaskos ontwikkel het. Die Engelse en Latynse naam van die stad, Damascus, is dus uit die Griekse Δαμασκός oorgeneem.[13]
In Arabies word die stad Dimashq (دمشق) genoem. Dit staan ook as aš-Šām bekend onder die inwoners van Damaskus, van Sirië en ander Arabiese buurlande, en in Turkye as Şam. Aš-Šām is 'n Arabiese term vir die "Levant" en vir "Sirië"; laasgenoemde, en veral die historiese streek Sirië, word Bilād aš-Šām (بلاد الشام, letterlik "land van die Levant") genoem. Die term beteken etimologies "land van die linkerhand" of "die noorde", aangesien iemand in die Hedjaz wat ooswaarts na die sonsopkoms kyk, die noorde aan sy linkerkant sal vind. Dit staan in teenstelling met die naam van Jemen (اَلْيَمَن, al-Yaman), wat ooreenstemmend "die regterhand" of "die suide" beteken. Die gepatroneerde Bisantynse en Chinese sy wat deur Damaskus – een van die westelike eindpunte van die Syderoete – beskikbaar was, het aan Engels die woord damask gegee.[14][15]
Geografie
[wysig | wysig bron]Damaskus is op 'n strategiese plek gebou, op 'n plato 680 m bo seevlak en sowat 80 km binneland vanaf die Middellandse See, beskut deur die Anti-Libanongebergte, van water voorsien deur die Baradarivier, en op 'n kruispad tussen handelsroetes: die noord-suid-roete wat Egipte met Klein-Asië verbind, en die oos-wes-woestynroete wat Libanon met die Eufraatvallei verbind. Die Anti-Libanongebergte merk die grens tussen Sirië en Libanon. Die reeks het pieke van meer as 3 000 m en keer neerslag van die Middellandse See, sodat die Damaskus-streek soms aan droogtes onderhewig is. In antieke tye het die Baradarivier, wat uit bergstrome ontstaan wat deur smeltende sneeu gevoed word, dit egter versag. Damaskus word omring deur die Ghouta, besproeide landbougrond waar groente, graan en vrugte sedert antieke tye geboer word. Kaarte van Romeinse Sirië dui aan dat die Baradarivier in 'n meer van 'n aansienlike grootte oos van Damaskus uitgemond het. Dit word vandag Bahira Atayba, die weifelende meer, genoem, omdat dit in jare van ernstige droogte opdroog.[16]
Damaskus is 15 kilometer oos van die Siries-Libanese grens geleë. Die Golanhoogtes, wat in die Sesdaagse Oorlog in 1967 deur Israel beset is, lê suidwes van Damaskus, en die grens met Jordanië loop ongeveer 100 kilometer suid van die stad. Die Groot Arabiese Woestyn strek suidoos van Damaskus, en oos van die stad strek die Siriese woestyn suidwaarts tot by die Arabiese Skiereiland. Die stadsgebied lê in die Baradavallei teen die voet van die Qasyun-bergpiek. Die Ghuta-oase is van ouds die lewensaar van Damaskus; dit kry sy water uit die Barada, 'n klein rivier sonder monding wat wes van die stad in die gebergtes van die Anti-Libanon ontspring en dwarsdeur die jaar water het.
Die moderne stad het 'n oppervlakte van 105 km², waarvan 77 km² stedelik is, terwyl die berg Qasioun die res beslaan.
Die ou stad van Damaskus, wat deur die stadsmure omsluit word, lê op die suidelike oewer van die Barada, wat byna droog is. Na die suidooste, noorde en noordooste word dit omring deur voorstedelike gebiede wie se geskiedenis tot die Middeleeue terugstrek: Midan in die suidweste, Sarouja en Imara in die noorde en noordweste. Dié buurte het oorspronklik langs paaie uit die stad ontstaan, naby die grafte van godsdienstige figure. In die 19de eeu het buitedorpies op die hange van die berg Qasioun ontwikkel, wat oor die stad uitkyk en waar die al-Salihiyah-buurt reeds om die belangrike heiligdom van die middeleeuse Andalusiese sjeik en filosoof Ibn Arabi gesentreer was. Dié buurte is aanvanklik deur Koerdiese soldate en Moslemvlugtelinge uit die Europese streke van die Ottomaanse Ryk wat onder Christelike bewind geval het, bewoon. Hulle het dus as al-Akrad ("die Koerde") en al-Muhajirin ("die migrante") bekend gestaan. Hulle lê 2 tot 3 km noord van die ou stad.[17]
Van die laat 19de eeu af het 'n moderne administratiewe en kommersiële middelpunt wes van die ou stad, om die Barada, begin ontstaan, gesentreer om die gebied bekend as al-Marjeh ("die weiveld"). Al-Marjeh het gou die naam geword van wat aanvanklik die sentrale plein van die moderne Damaskus was, met die stadsaal daarin. Die geregshowe, poskantoor en spoorwegstasie het op hoër grond effens suidwaarts gestaan. 'n Europees geaarde woonwyk is gou langs die pad tussen al-Marjeh en al-Salihiyah gebou, en die kommersiële en administratiewe middelpunt het geleidelik noordwaarts na dié gebied verskuif.[17]
In die 20ste eeu het voorstede noord van die Barada ontwikkel, en tot 'n mate ook in die suide. In 1956–1957 het Yarmouk die tuiste van baie Palestynse vlugtelinge geword. Stadsbeplanners het verkies om die Ghouta sover moontlik te bewaar, en in die latere 20ste eeu was sommige van die belangrikste ontwikkelingsgebiede in die noorde, in die westelike Mezzeh-buurt en meer onlangs langs die Baradavallei in Dummar in die noordweste en op die berghange by Barzeh in die noordooste. Armer gebiede, dikwels sonder amptelike goedkeuring gebou, het suid van die hoofstad ontwikkel.[18]
Damaskus was voorheen deur 'n oase omring, die Ghouta-streek (الغوطة, al-ġūṭä), wat deur die Baradarivier bewater is. Die Fijeh-fontein, wes langs die Baradavallei, het die stad met drinkwater voorsien, en verskeie bronne in die weste is deur waterkontrakteurs aangewend. Die vloei van die Barada het met die snelle uitbreiding van behuising en industrie gedaal en dit byna droog gelaat. Die onderste grondwaterlae is besmet deur die stad se afloop van swaar gebruikte paaie, industrie en riool.[17]
Klimaat
[wysig | wysig bron]Damaskus het 'n droë klimaat as gevolg van die reënskadu van die Anti-Libanon. Die somers is droog met amper geen neerslag nie. Winters is sag met relatief hoë neerslae en af en toe sneeuval.
Damaskus het 'n koel dor klimaat (BWk) volgens die Köppen-Geiger-klimaatklassifikasiestelsel, weens die reënskadu-effek van die Anti-Libanongebergte en die heersende seestrome. Somers is langdurig, droog en warm met min humiditeit. Winters is koel en effens reënerig; sneeuval is ongewoon. Die herfs is kort en mild, maar het die drastiesste temperatuurverandering, in teenstelling met die lente, waar die oorgang na die somer meer geleidelik en gestadig is. Die jaarlikse reënval is ongeveer 130 mm, wat van Oktober tot Mei val.[19]
| Maand | Jan | Feb | Mrt | Apr | Mei | Jun | Jul | Aug | Sep | Okt | Nov | Des | Jaar |
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
| Rekordhoogte (°C) | 23,2 | 28,0 | 34,4 | 37,6 | 41,4 | 45,0 | 45,8 | 44,8 | 44,6 | 38,0 | 31,0 | 25,1 | 45,8 |
| Gem. maksimum (°C) | 13,1 | 15,3 | 20,0 | 25,3 | 30,9 | 35,3 | 37,8 | 37,6 | 34,6 | 29,0 | 20,6 | 14,8 | — |
| Gem. daaglikse temp. (°C) | 5,9 | 7,8 | 11,0 | 15,5 | 20,2 | 24,4 | 26,3 | 26,0 | 23,2 | 18,1 | 11,8 | 7,2 | 16,6 |
| Gem. minimum (°C) | 0,8 | 2,0 | 4,8 | 8,0 | 12,1 | 15,9 | 18,6 | 18,6 | 15,3 | 11,0 | 5,2 | 1,9 | — |
| Rekordlaagte (°C) | −10,8 | −12,0 | −6,0 | −7,5 | 1,4 | 6,2 | 10,5 | 9,5 | 3,5 | −1,0 | −8,6 | −8,8 | −12,0 |
| Neerslag (mm) | 26,0 | 22,4 | 13,9 | 5,6 | 4,8 | 0,3 | 0 | 0 | 0,3 | 6,3 | 21,4 | 23,6 | 124,7 |
| Reëndae | 4,8 | 4,4 | 2,6 | 1,3 | 1,0 | 0,1 | 0,0 | 0,0 | 0,1 | 1,2 | 3,3 | 4,2 | 23,0 |
| Gem. relatiewe humiditeit (%) | 76 | 69 | 59 | 50 | 43 | 41 | 44 | 48 | 47 | 52 | 63 | 75 | 56 |
| Gem. sonure per maand | 164,3 | 182,0 | 226,3 | 249,0 | 322,4 | 357,0 | 365,8 | 353,4 | 306,0 | 266,6 | 207,0 | 164,3 | 3 164,1 |
| Bron: NOAA (gemiddelde temperatuur 1961–1990; humiditeit en sonskyn 1970–1990)[20] | |||||||||||||
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Vroeë nedersetting
[wysig | wysig bron]Die eerste opgrawings in Damaskus dateer van ongeveer 2500 v.Chr. Die eerste vermelding van Damaskus in geskrifte dateer van ongeveer 1500 v.C. Koolstof-14-datering by Tell Ramad, aan die buitewyke van Damaskus, dui daarop dat die terrein sedert die tweede helfte van die sewende millennium v.C. bewoon kon gewees het, moontlik omstreeks 6300 v.C. Daar is egter bewyse van nedersetting in die breër Baradabekken wat tot 9000 v.C. terugdateer, hoewel daar tot in die tweede millennium v.C. geen grootskaalse nedersetting binne Damaskus se mure was nie.[2][3]
Laat Bronstydperk
[wysig | wysig bron]In die vroeë 18de dinastie, tydens die regering van Toetmoses III van Egipte, vermeld hy Damaskus. Die naam van Damaskus het in sy geografiese lys as tjmsqw in die 15de eeu v.C. verskyn. Gedurende die laat 18de dinastie vermeld die Amarna-briewe (omstreeks 1350 v.C.) Damaskus (Dimasqu) as 'n stad wat deur Biryawaza regeer is. Gedurende die 19de dinastie (omstreeks 1260 v.C.) het die Damaskus-streek en die res van Sirië 'n slagveld tussen die Hettiete uit die noorde en die Egiptenaars uit die suide geword, wat met 'n verdrag tussen Hattusili III en Ramses II geëindig het: eersgenoemde het beheer oor die Damaskus-gebied in 1259 v.C. aan laasgenoemde oorgedra.[4][21]
Ystertydperk
[wysig | wysig bron]Damaskus was van die laat 12de eeu vC. die hoofstad van 'n magtige ryk van die Arameërs, bekend onder die naam Aram-Damaskus. Later het die stad oorgegaan na die Nieu-Babiloniese Ryk en later na die Achaemenidiese Ryk van Persië. Teen die 8ste eeu v.C. is Damaskus feitlik deur die Assiriërs ingesluk en het dit 'n donker tydperk betree. Nietemin het dit die ekonomiese en kulturele middelpunt van die Nabye Ooste sowel as van die Arameese weerstand gebly. In 727 het 'n opstand in die stad plaasgevind, maar dit is deur Assiriese magte onderdruk. Nadat Assirië onder Tiglat-Pileser III 'n grootskaalse veldtog onderneem het om opstande deur die hele Sirië te onderdruk, het Damaskus aan hul bewind onderworpe geraak. Een gevolg hiervan was stabiliteit vir die stad en voordele uit die speserye- en wierookhandel met Arabië. In 694 v.C. is die dorp Šaʾimerišu genoem en sy goewerneur was Ilu-issīya. Die Assiriese gesag het teen 609–605 v.C. afgeneem en Sirië-Palestina het in die invloedsfeer van farao Necho II se Egipte beland. Teen 572 v.C. het Nebukadnesar II van die Nieu-Babiloniërs die hele Sirië verower, maar Damaskus se status onder Babilon is relatief onbekend.[22][23][24][25]
Hellenistiese tydperk
[wysig | wysig bron]In 332 v.C. het Alexander die Grote se leër die stad verower. Hierna het Damaskus vir ongeveer duisend jaar onder die invloed van die Hellenistiese en later Romeinse kulture gebly.[1][2] Ná sy dood in 323 v.C. het dit die plek van 'n stryd tussen die Seleukidiese en Ptolemeïese ryke geword, en beheer oor die stad het gereeld van een ryk na 'n ander oorgegaan. Seleukos I Nikator, een van Alexander se generaals, het Antiogië die hoofstad van sy ryk gemaak, wat gelei het tot die afname van Damaskus se belang in vergelyking met nuwe Seleukidiese stede soos die Siriese Laodicea in die noorde. Later het Demetrios III Filopator die stad volgens die Griekse hippodamiese stelsel herbou en dit "Demetrias" herdoop.[26]
Romeinse tydperk
[wysig | wysig bron]
In 64 v.C. het die Romeinse generaal Pompeius die westelike deel van Sirië geannekseer. Die Romeine het Damaskus beset en dit by die bond van tien stede bekend as die Dekapolis ingelyf, wat self by die provinsie Sirië ingelyf is en outonomie gekry het.
Damaskus is deur die Romeine heeltemal herontwerp nadat Pompeius die streek verower het. Die ou stad van Damaskus behou die reghoekige vorm van die Romeinse stad, met sy twee hoofasse: die Decumanus Maximus (oos-wes, vandag bekend as die Via Recta) en die Cardo (noord-suid), met die Decumanus omtrent twee keer so lank. Die Romeine het 'n monumentale poort aan die oostelike einde van die Decumanus Maximus gebou; die poort het oorspronklik drie boë gehad, met die middelste boog vir strydwaens en die ander vir voetgangers.[16]
In 23 v.C. het keiser Augustus aan Herodes die Grote gebiede gegee wat deur Zenodorus beheer is, en sommige geleerdes meen Herodes het ook beheer oor Damaskus gekry. Óf beheer oor Damaskus het met Herodes die Grote se dood na Sirië teruggekeer, óf dit was deel van die gebiede wat aan Herodes Filippus gegee is en met sy dood in 33/34 n.C. aan Sirië oorgedra is. Daar word bespiegel dat beheer oor Damaskus deur Aretas IV Filopatris van Nabatea bekom is tussen Herodes Filippus se dood en Aretas se dood in 40 n.C., maar daar is aansienlike bewyse dat Aretas nie voor 37 n.C. beheer oor die stad gehad het nie. Die Romeinse keiser Trajanus, wat die Nabateïese Koninkryk geannekseer het, was voorheen in Damaskus, aangesien sy vader Marcus Ulpius Traianus van 73 tot 74 n.C. goewerneur van Sirië was; daar het hy die etnies-Griekse argitek en ingenieur Apollodorus van Damaskus ontmoet, wat by hom in Rome aangesluit het toe hy in 91 n.C. konsul was en verskeie monumente gedurende die 2de eeu gebou het.[27][28][29]

Damaskus het aan die begin van die 2de eeu 'n metropool geword en is in 222 deur keiser Septimius Severus tot 'n colonia opgegradeer. Gedurende die Pax Romana het Damaskus en die hele Romeinse provinsie Sirië begin floreer. Damaskus se belang as karavaanstad was duidelik: die handelsroetes uit Suid-Arabië, Palmyra, Petra en die Syderoete het alles daar saamgeloop, en die stad het aan die Romeinse vraag na oosterse luukshede voldoen. Omstreeks 125 n.C. het die Romeinse keiser Hadrianus die stad tot "Metropolis van Coele-Sirië" bevorder.[30]
Min van die Romeine se argitektuur het oorgebly, maar die stadsbeplanning van die ou stad het 'n blywende uitwerking gehad. Romeinse argitekte het die stad se Griekse en Arameese grondslae saamgebring en dit in 'n nuwe uitleg van omtrent 1 500 by 750 m saamgesmelt, omring deur 'n muur. Die muur het sewe poorte gehad, maar slegs die oostelike poort, Bab Sharqi, bly oor. Romeinse Damaskus lê meestal tot 5 m onder die moderne stad.[16]
Die ou buurt Bab Tuma is aan die einde van die Romeinse/Bisantynse era deur die plaaslike Oosters-Ortodokse gemeenskap ontwikkel. Volgens die Handelinge van die Apostels het sowel Sint Paulus as Sint Thomas in daardie buurt gewoon. Rooms-Katolieke geskiedkundiges beskou Bab Tuma ook as die geboorteplek van verskeie pouse, soos Johannes V en Gregorius III. 'n Gemeenskap van Joodse Christene het gevolglik met die koms van Sint Paulus se bekeringswerk tot die Christendom oorgegaan. Gedurende die Bisantyns-Sassanidiese Oorlog van 602–628 is die stad beleër en in 613 deur Shahrbaraz verower, saam met 'n groot aantal Bisantynse troepe as gevangenes. Dit was in Sassanidiese hande tot naby die einde van die oorlog.[31][32][33]
Rashidun-tydperk
[wysig | wysig bron]Die profeet Mohammed se eerste indirekte omgang met die mense van Damaskus was toe hy 'n brief deur sy geselle Shiya ibn Wahab aan Harith ibn Abi Shamir, die koning van Damaskus, gestuur het. Die brief het gelui: "Vrede vir hom wat ware leiding volg. Weet dat my godsdiens oral sal seëvier. Jy behoort die Islam te aanvaar, en wat ook al onder jou bevel is, sal joue bly."[34]
Nadat die grootste deel van die Siriese platteland tydens die regering van kalief Umar (634–644) deur die Rashidun-kalifaat verower is, is Damaskus self in Augustus–September 634 n.C. deur die Arabies-Moslem-generaal Khalid ibn al-Walid verower; sy leër het reeds in April 634 probeer om die stad in te neem, maar sonder sukses. Met Damaskus nou in Arabies-Moslem-hande het die Bisantyne, ontsteld oor die verlies van hul aansienlikste stad in die Nabye Ooste, besluit om beheer daaroor terug te wen. Onder keiser Heraklius het die Bisantyne 'n leër opgestel wat dié van die Rashidun in mannekrag oortref het. Hulle het in die lente van 636 in Suid-Sirië opgeruk en Khalid ibn al-Walid se magte het gevolglik uit Damaskus teruggetrek om vir 'n hernieude konfrontasie voor te berei. In Augustus het die twee kante mekaar langs die Jarmoekrivier ontmoet, waar hulle 'n groot veldslag gestry het wat op 'n beslissende Moslem-oorwinning geëindig het en die Moslem-heerskappy oor Sirië en Palestina bevestig het. Terwyl die Moslems die stad geadministreer het, het die bevolking van Damaskus meesal Christelik gebly – Oosters-Ortodoks en Monofisities – met 'n groeiende gemeenskap van Moslems uit Mekka, Medina en die Siriese woestyn. Die goewerneur wat aan die stad toegewys is, wat as die hoofstad van Islamitiese Sirië gekies is, was Mu'awiya I.[35][36][37]
Ommajade- en Abbasidiese tydperke
[wysig | wysig bron]
In 635 is die stad na 'n jaar lange beleg deur die Arabiere verower. Onder die Umayyad -dinastie het Damaskus van 661 tot 750 die hoofstad van die Arabiese Ryk geword. Die kalief, wat uit dieselfde dinastie gekom het, het ook sy setel hier gehad. Hierdie tydperk word as 'n bloeitydperk vir die stad beskou en verskeie groot moskees is gebou, waarvan die Umayyad-moskee verreweg die belangrikste is. Ná die dood van die vierde Rashidun-kalief Ali in 661 is Mu'awiya as kalief van die uitbreidende Islamitiese ryk gekies. Weens die groot hoeveelheid besittings wat sy geslag, die Ommajade, in die stad besit het, en weens die stad se tradisionele ekonomiese en maatskaplike bande met die Hedjaz sowel as met die Christelike Arabiese stamme van die streek, het Mu'awiya Damaskus as die hoofstad van die hele Ommajade-kalifaat gevestig – 'n ryk wat 'n enorme gebied beslaan het, van die Iberiese Halfeiland in die weste tot Sentraal-Asië en die Indusrivier in die ooste. Met die troonsbestyging van kalief Abd al-Malik in 685 is 'n eiesoortige Islamitiese muntstelsel ingevoer en is al die surplusinkomste van die kalifaat se provinsies na die skatkis van Damaskus gestuur. Arabies is ook as die amptelike taal gevestig (voorheen Grieks), wat die Islam se posisie in die ryk beklemtoon het en die stad se Ommajade-administrasie 'n voordeel bo die Griekssprekende Christene gegee het wat voorheen oor administratiewe sake gepresideer het.[38][39]
Abd al-Malik se opvolger al-Walid het in 706 met die bou van die Groot Moskee van Damaskus (bekend as die Ommajade-moskee) begin. Die terrein was oorspronklik die Christelike Katedraal van Sint Johannes, en die Moslems het die gebou se toewyding aan Johannes die Doper behou. Teen 715 was die moskee voltooi. Al-Walid is in dieselfde jaar oorlede en is eers deur Suleiman ibn Abd al-Malik en daarna deur Umar II opgevolg, wat elk vir kort tydperke regeer het voordat Hisham in 724 aan die bewind gekom het. Met dié opvolgings het die status van Damaskus geleidelik verswak, aangesien Suleiman Ramla as sy verblyf gekies het en Hisham Resafa. Ná laasgenoemde se moord in 743 was die Ommajade-kalifaat – wat toe van Spanje tot Indië gestrek het – aan die verbrokkel weens wydverspreide opstande. Tydens die regering van Marwan II in 744 is die hoofstad van die ryk na Harran in die Jazira-streek verskuif.[40]
In 750 is die Umayyads deur die Abbaside verslaan en Damaskus het sy funksie as die ryk se hoofstad aan Bagdad verloor. Dit was vir 'n lang tyd die hoofstad van die Emiraat Damaskus en, langs Aleppo, was dit een van die sentrums van weerstand teen die Kruisvaarders. Die kruisvaarders het Damaskus tydens die Tweede Kruistog beleër, maar kon nie die stad inneem nie, deels weens honger en dors. Op 25 Augustus 750 het die Abbasiede, wat die Ommajade reeds in die Slag van die Zab in Irak verslaan het, Damaskus verower met min weerstand. Met die aanbreek van die Abbasidiese Kalifaat is Damaskus deur Bagdad, die nuwe Islamitiese hoofstad, oorskadu en onderskik. Binne die eerste ses maande van Abbasidiese bewind het opstande in die stad begin uitbreek, hoewel te geïsoleerd en ongefokus om 'n werklike bedreiging te wees. Nietemin is die laaste van die vooraanstaande Ommajade tereggestel, die tradisionele amptenare van Damaskus verban en die leërgeneraals van die stad afgedank. Daarna is die Ommajade-familiebegraafplaas geskend en die stadsmure afgebreek, wat Damaskus tot 'n provinsiale dorp van min belang verminder het. Dit het vir die volgende eeu meestal uit die geskrewe rekords verdwyn, en die enigste beduidende verbetering van die stad was die Abbasidies-geboude skatkiskoepel in die Ommajade-moskee in 789. In 811 het verre oorblyfsels van die Ommajade-dinastie 'n sterk opstand in Damaskus op die been gebring wat uiteindelik onderdruk is. Op 24 November 847 het 'n aardbewing Damaskus getref en verwoes, met sowat 70 000 sterftes.[41][42]
Ahmad ibn Tulun, 'n afwykende Turkse wali wat deur die Abbasiede aangestel is, het Sirië, insluitend Damaskus, in 878–79 van sy oorhere verower. Uit respek vir die Ommajade-heersers het hy 'n heiligdom op die terrein van Mu'awiya se graf opgerig. Die Tulunidiese bewind oor Damaskus was kort en het net tot 906 geduur voordat dit deur die Karmatiërs vervang is, wat die Sjia-Islam aangehang het. Weens hul onvermoë om die uitgestrekte gebied wat hulle beset het te beheer, het die Karmatiërs uit Damaskus teruggetrek en 'n nuwe dinastie, die Ikhshidiede, het beheer daaroor geneem. Die Sjiïtiese Fatimiede het in 970 beheer verkry, wat vyandighede tussen hulle en die stad se Soenni-Arabiere aangevuur het. Die Arabiese geograaf al-Muqaddasi het Damaskus in 985 besoek en opgemerk dat die argitektuur en infrastruktuur van die stad "manjifiek" was, maar dat die lewensomstandighede aaklig was. Van 1041 tot 1063 is daar geen bekende rekords van die stad se geskiedenis nie; teen daardie tyd het Damaskus 'n stadsadministrasie ontbreek en 'n verswakte ekonomie en 'n aansienlik verminderde bevolking gehad.[43][44][45]
Seldjoekse en Ajjubidiese tydperke
[wysig | wysig bron]Terwyl die heersers van Damaskus met hul mede-Seldjoeke in Aleppo en Diyarbakır in konflik gewikkel was, het die kruisvaarders, wat in 1097 in die Levant aangekom het, Jerusalem, die Libanongebergte en Palestina verower. Toghtekin het die Westerse indringers as 'n werklike bedreiging vir Damaskus gesien, wat destyds nominaal Homs, die Bekaavallei, Hauran en die Golanhoogte as deel van sy gebiede ingesluit het. Met militêre steun van Sharaf al-Din Mawdud van Mosoel het Toghtekin dit reggekry om kruisvaarderstrooptogte in die Golan en Hauran te stuit. Mawdud is in 1109 in die Ommajade-moskee vermoor, wat Damaskus van noordelike Moslem-steun ontneem en Toghtekin gedwing het om in 1110 tot 'n wapenstilstand met die kruisvaarders in te stem. In 1126 het die kruisvaarderleër onder Balduin II teen Buridiese magte onder Toghtekin by Marj al-Saffar naby Damaskus geveg; ten spyte van hul taktiese oorwinning het die kruisvaarders egter in hul doel om Damaskus in te neem, gefaal.[46][47]
Ná die dood van Saladin in 1193 was daar gereelde konflikte tussen die verskillende Ajjubidiese sultans wat in Damaskus en Kaïro regeer het. Damaskus was die hoofstad van onafhanklike Ajjubidiese heersers tussen 1193 en 1201, van 1218 tot 1238, van 1239 tot 1245 en van 1250 tot 1260; in ander tye is dit deur die Ajjubidiese heersers van Egipte regeer. Tydens die onderlinge oorloë wat die Ajjubidiese heersers gevoer het, is Damaskus herhaaldelik beleër.[48]

Die al-Salihiyah-distrik, op die hange van die berg Qasioun, is in die middel van die 12de eeu gestig; sy vroegste inwoners was vlugtelinge uit Jerusalem wat hulle in Damaskus gevestig het ná die stad se inname deur die kruisvaarders. Die Ajjubidiese tydperk het uitgebreide stedelike uitbreiding in Damaskus gesien, met die bou van talle madrassas, moskees en ander openbare instellings binne sowel as buite die mure van die ou stad. Die tydperk het ook die bou van die eerste gemeentemoskees gesien wat sedert die bou van die Ommajade-moskee sowat vyf eeue tevore opgerig is; anders as die Ommajade-moskee was dié moskees alles buite die mure van die ou stad geleë. In dieselfde tydperk is die sitadel van Damaskus herbou nadat die vroeëre Seldjoekse sitadel verwoes is. Die Ajjubidiese madrassas en mausoleums word deur hul kenmerkende rooi koepels onderskei, waarvan die rooi koepel van Saladin se mausoleum 'n bekende voorbeeld is.[49]
Mamelukke-tydperk
[wysig | wysig bron]
In 1260 het die Mamelukke die stad verower. Die Ajjubidiese bewind (en onafhanklikheid) het met die Mongoolse inval in Sirië in 1260 tot 'n einde gekom, toe die Mongole onder Kitbuqa die stad op 1 Maart 1260 binnegegaan het, saam met die koning van Armenië, Hethum I, en die prins van Antiogië, Bohemund VI; die burgers van Damaskus het dus vir die eerste keer in ses eeue drie Christelike maghebbers in triomf deur hul strate sien ry. Ná die Mongoolse nederlaag by Ain Jalut op 3 September 1260 is Damaskus egter vyf dae later verower en het dit die provinsiale hoofstad van die Mamelukke-sultanaat geword, wat vanuit Egipte regeer is. Ná hul oorwinning in die Slag van Wadi al-Khaznadar het die Mongole onder Ghazan die stad tien dae lank beleër; dit het tussen 30 Desember 1299 en 6 Januarie 1300 oorgegee, hoewel sy sitadel weerstand gebied het. In Mei 1300 het die Egiptiese Mamelukke uit Egipte teruggekeer en die hele gebied sonder 'n veldslag herower. In April 1303 het die Mamelukke die Mongoolse leër in die Slag van Marj al-Saffar verslaan en so 'n einde gemaak aan die Mongoolse invalle in die Levant. Later het die Swart Dood van 1348–1349 tot die helfte van die stad se bevolking gedood.[50][51][52]
Damaskus was eens bekend vir sy handewerk van swaardmakers. In 1400 het Timur, die Turko-Mongoolse veroweraar, Damaskus beleër. Die Mamelukke-sultan het 'n afvaardiging uit Kaïro gestuur, waaronder Ibn Khaldoen, wat met hom onderhandel het, maar ná hul terugtrekking het Timur die stad op 17 Maart 1401 geplunder. Die Ommajade-moskee is verbrand en mans en vroue is in slawerny weggevoer. 'n Groot aantal van die stad se ambagsmanne is na Timur se hoofstad Samarkand geneem om hul vaardighede in diens van die Mongoolse oorlogsmasjien te stel; hulle was die gelukkiger burgers, want baie is afgemaai en hul koppe is in 'n veld buite die noordoostelike hoek van die mure opgestapel, waar 'n stadsplein steeds die naam Burj al-Ru'us ("die toring van koppe") dra. Iets van die ou smeedkuns talm vandag nog in Damaskus. Damaskus is herbou en het tot 1516 as 'n Mamelukse provinsiale hoofstad bly dien.[53]
Ottomaanse tydperk
[wysig | wysig bron]
In 1516 het die Ottomaanse Ryk die stad verower en dit tot en met die Eerste Wêreldoorlog onder beheer gehou. Vroeg in 1516 het die Ottomaanse Ryk, bekommerd oor die gevaar van 'n bondgenootskap tussen die Mamelukke en die Persiese Safawiede, 'n veroweringsveldtog teen die Mamelukke-sultanaat begin. Op 21 September het die Mamelukse goewerneur van Damaskus die stad ontvlug, en op 2 Oktober is die khutba in die Ommajade-moskee in die naam van Selim I afgekondig. Die dag daarna het die seëvierende sultan die stad binnegegaan en drie maande daar gebly. Op 15 Desember het hy Damaskus by Bab al-Jabiya verlaat met die oog op die verowering van Egipte. Met sy terugkeer in Oktober 1517 het die sultan die bou van 'n moskee, tekkiye en mausoleum by die heiligdom van sjeik Muhi al-Din ibn Arabi in al-Salihiyah beveel; dit sou die eerste van Damaskus se groot Ottomaanse monumente wees. Volgens 'n Ottomaanse sensus van dié tyd het Damaskus 10 423 huishoudings gehad.[54][55]
Die Ottomane het die volgende 400 jaar gebly, behalwe vir 'n kort besetting deur Ibrahim Pasha van Egipte van 1832 tot 1840. Weens sy belang as die vertrekpunt vir een van die twee groot hadj-karavane na Mekka is Damaskus met meer aandag deur die Porte behandel as wat sy grootte sou regverdig – vir die grootste deel van dié tydperk was Aleppo meer bevolk en kommersieel belangriker. In 1559 is die westelike gebou van die Sulaymaniyya Takiyya, wat 'n moskee en 'n khan vir pelgrims op die pad na Mekka insluit, voltooi volgens 'n ontwerp deur die bekende Ottomaanse argitek Mimar Sinan, en kort daarna is die Salimiyya-madrassa daarby aangebou. Gedurende die Ottomaanse tydperk is die stad Heilige Damaskus (شام شريف, şam-ı şerif) genoem, 'n titel wat ook vir Jerusalem gebruik is.[56]

Vroeg in die 19de eeu was Damaskus bekend vir sy skadukoffiehuise langs die oewers van die Barada. Onder Ottomaanse bewind is Christene en Jode as dhimmis beskou, wat toegelaat is om hul godsdienste onder bepaalde beperkings te beoefen. Tydens die Damaskus-aangeleentheid van 1840 is die valse beskuldiging van rituele moord teen lede van die Joodse gemeenskap van Damaskus gebring. Die slagting van Christene in 1860 was ook een van die beruggaste voorvalle van dié eeue, toe gevegte tussen Droese en Maroniete in die Libanongebergte na die stad oorgespoel het. Etlike duisende Christene is in Junie 1860 doodgemaak, met baie meer wat gered is deur die tussenkoms van die Algeriese eksiel Abd al-Qadir en sy soldate, wat hulle na Abd al-Qadir se woning en die sitadel van Damaskus in veiligheid gebring het. Die Christelike kwartier van die ou stad, met verskeie kerke, is afgebrand.[57]
Die Amerikaanse sendeling E.C. Miller teken aan dat die bevolking van die stad in 1867 "omtrent" 140 000 was, waarvan 30 000 Christene, 10 000 Jode en 100 000 "Mohammedane" was, met minder as 100 Protestantse Christene. Die Amerikaanse skrywer Mark Twain het Damaskus intussen besoek en daaroor in The Innocents Abroad geskryf, waarin hy sê: "Hoewel jy so oud soos die geskiedenis self is, is jy fris soos die asem van die lente, blomryk soos jou eie roosknop en welriekend soos jou eie lemoenblom, o Damaskus, pêrel van die Ooste!" In November 1898 het die Duitse keiser Wilhelm II Damaskus besoek tydens sy reis na die Ottomaanse Ryk.[58]
Moderne tydperk
[wysig | wysig bron]20ste eeu
[wysig | wysig bron]
In die Eerste Wêreldoorlog het generaal Edmund Allenby, namens die Verenigde Koninkryk, ondersteun deur Arabiese troepe (Arabiese Opstand), die stad van die Ottomane ingeneem. Damaskus het later die hoofstad van die Franse mandaat van Sirië geword. Op 5 Augustus 1949 is 'n hewige aanval op die Menarsha-sinagoge van die stad gepleeg. Twaalf Siriese Jode is vermoor, insluitend agt kinders. In die vroeë jare van die 20ste eeu het nasionalistiese sentiment in Damaskus, aanvanklik kultureel van aard, 'n politieke kleur begin aanneem, grootliks in reaksie op die verturksingsprogram van die Komitee van Eenheid en Vooruitgang wat in 1908 in Istanbul gevestig is. Die ophanging van 'n aantal patriotiese intellektuele deur Jamal Pasha, goewerneur van Damaskus, in Beiroet en Damaskus in 1915 en 1916 het die nasionalistiese gevoel verder aangevuur, en in 1918, toe die magte van die Arabiese Opstand en die Britse Ryksmagte genader het, het inwoners op die terugtrekkende Turkse troepe geskiet.[59]
Op 1 Oktober 1918 het T.E. Lawrence Damaskus binnegegaan – die derde aankoms van die dag, met die eerste die Australiese 3de Ligte Perdebrigade onder majoor A.C.N. "Harry" Olden. Twee dae later, op 3 Oktober 1918, het die magte van die Arabiese Opstand onder prins Faisal ook Damaskus binnegegaan. 'n Militêre regering onder Shukri Pasha is aangestel en Faisal ibn Hussein is as koning van Sirië uitgeroep. Politieke spanning het in November 1917 ontstaan toe die nuwe Bolsjewistiese regering in Rusland die Sykes-Picot-ooreenkoms bekend gemaak het, waarvolgens Brittanje en Frankryk gereël het om die Arabiese Ooste onder mekaar te verdeel. Die Siriese Nasionale Kongres het in Maart 'n demokratiese grondwet aangeneem. Die Versailles-konferensie het egter aan Frankryk 'n Volkebond-mandaat oor Sirië toegeken, en in 1920 het 'n Franse leër onder generaal Mariano Goybet die Anti-Libanongebergte oorgesteek, 'n klein Siriese verdedigingsekspedisie in die Slag van Maysalun verslaan en Damaskus binnegegaan.[60][61]
Toe die Groot Siriese Opstand in die Hauran in 1925 na Damaskus versprei het, het die Franse dit met swaar wapens onderdruk en die stad op 9 Mei 1926 gebombardeer en beskiet. Gevolglik is die gebied van die ou stad tussen die Al-Hamidiyah-soek en die Medhat Pasha-soek tot op die grond afgebrand, met baie sterftes, en dit staan sedertdien as al-Hariqa ("die brand") bekend. Die ou stad is met doringdraad omring om te verhoed dat rebelle in die Ghouta infiltreer, en 'n nuwe pad is buite die noordelike vestingmure gebou om die beweging van gepantserde motors te vergemaklik. Die verslaggewer George Seldes het 308 lyke aanskou en gesuggereer dat daar meer dooies onder die puin kon wees – en dat 'n maksimum een duisend kon wees.[62][63]
Op 21 Junie 1941, drie weke ná die begin van die Geallieerde Sirië-Libanon-veldtog, is Damaskus deur 'n gemengde Brits-Indiese en Vrye Franse mag van die Vichy-Franse magte verower. Die Franse het ingestem om in 1946 te onttrek, ná die Britse tussenkoms tydens die Levantkrisis, wat tot die volle onafhanklikheid van Sirië gelei het. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Sirië onafhanklik geword en Damaskus die hoofstad. Die stad het die hoofstad gebly, selfs ná die begin van Baathistiese bewind in 1963. In 1979 is die ou stad van Damaskus, met sy versameling argeologiese en historiese godsdienstige terreine, deur Unesco as Wêrelderfenisgebied gelys.[1]
Burgeroorlog
[wysig | wysig bron]
Teen Januarie 2012 het gevegte tussen die gereelde leër en rebelle die buitewyke van Damaskus bereik, wat na berigte verhinder het dat mense hul huise verlaat of bereik, veral toe veiligheidsoperasies daar van die einde van Januarie tot in Februarie geïntensiveer het. Teen Junie 2012 het koeëls en granaatskerwe oornag in huise in Damaskus ingeslaan terwyl troepe teen die Vrye Siriese Leër in die strate geveg het.[64]
Die Damaskus-voorstad Ghouta het in Desember 2017 swaar bombardering gely en 'n verdere golf bombardering het in Februarie 2018 begin. Op 20 Mei 2018 het Damaskus en die hele Rif Dimashq-goewerneurskap vir die eerste keer in sewe jaar volledig onder regeringsbeheer gekom ná die ontruiming van die Islamitiese Staat uit die Yarmouk-kamp. In September 2019 het Damaskus die Guinness World Records betree as die minste bewoonbare stad, met 'n telling van 30,7 punte op die Economist se Global Liveability Index; die neiging om die minste bewoonbare stad op aarde te wees, het egter in 2017 begin en het vanaf 2024 voortgeduur.[65][66]
Siriese rebelle onder leiding van die HTS-rebellegroep het op 8 Desember 2024, ná 'n reeks offensiewe, Damaskus binnegegaan, die Sednaya-gevangenis verower en uiteindelik die ineenstorting van Baathistiese Sirië bewerkstellig.[67]
Op 23 Februarie 2025 het die Israeliese premier Benjamin Netanjahu die volledige demilitarisering van Suid-Sirië in die provinsies Quneitra, Daraa en Suweyda geëis, sowel as die onttrekking van Siriese magte uit Siriese gebied suid van Damaskus. Sirië se nuwe regering onder president Ahmed al-Sharaa het Netanjahu se eise verwerp, en 'n paar uur later het Israel 'n golf lugaanvalle in Damaskus en Suid-Sirië uitgevoer.[68][69]
Ekonomie
[wysig | wysig bron]
Die historiese rol wat Damaskus as belangrike handelsentrum gespeel het, het in die afgelope jare verander weens politieke ontwikkeling in die streek sowel as die ontwikkeling van moderne handel. Die meeste goedere wat in Damaskus en in Sirië vervaardig word, word na die lande van die Arabiese Skiereiland versprei. Damaskus hou sedert 1954 ook elke herfs 'n jaarlikse internasionale handelstentoonstelling.[70]
Die toerismebedryf in Damaskus het baie potensiaal, hoewel die burgeroorlog dié vooruitsigte belemmer het. Die oorvloed kulturele rykdom in Damaskus is sedert die laat 1980's beskeie aangewend, met die ontwikkeling van baie verblyf- en vervoerondernemings en ander verwante beleggings. Sedert die vroeë 2000's het talle boetiekhotelle en lewendige koffiehuise in die ou stad geopen, wat baie Europese toeriste sowel as Damasceners lok.[70]

In 2009 is nuwe kantoorruimte gebou en op die eiendomsmark beskikbaar gestel. Marota City en Basilia City is twee nuwe ontwikkelingsprojekte in Damaskus wat as naoorlogse heropbouspogings beskou word. Die Damaskus-effektebeurs het in Maart 2009 formeel vir handel geopen en is die enigste effektebeurs in Sirië; dit is in die Barzeh-distrik geleë, binne Sirië se finansiëlemarkte- en effektekommissie.[71]
Damaskus is die tuiste van 'n wye reeks industriële bedrywighede, soos tekstiel, voedselverwerking, sement en verskeie chemiese industrieë. Die meerderheid fabrieke word deur die staat bedryf, met beperkte privatisering benewens ekonomiese bedrywighede wat deur die private sektor gelei word en wat vanaf die vroeë 2000's met die liberalisering van die handel toegelaat is. Tradisionele handewerk en ambagsmanne se kopergravures word steeds in die ou stad vervaardig.[70]
Demografie
[wysig | wysig bron]Bevolking
[wysig | wysig bron]Die bevolking van Damaskus het veral in die tweede helfte van die twintigste eeu sterk gegroei as gevolg van die migrasie van die Siriese platteland na die stad. In 1943 het die stad nog 286 000 inwoners gehad, in 1960 was daar reeds 'n halfmiljoen. Omstreeks 2010 het die stad sowat 1,8 miljoen inwoners gehad. Volgens 'n skatting vir 2024 woon sowat 2 799 960 mense in die metropolitaanse gebied.[72]
Etnisiteit
[wysig | wysig bron]Die oorgrote meerderheid Damasceners is Siriese Arabiere. Die Koerde is die tweede grootste etniese minderheid, met 'n bevolking van ongeveer 300 000; hulle woon hoofsaaklik in die buurte Wadi al-Mashari ("Zorava" of "Zore Afa" in Koerdies) en Rukn al-Din. Hul presiese getal is nie bekend nie omdat hulle hoofsaaklik vlugtelinge uit Turkye en Irak is. Ander minderhede sluit Palestyne, Armeniërs, Assiriërs, Arameërs, Turkmene, Circassiërs en 'n klein Griekse gemeenskap in.[1][2][73]
Godsdiens
[wysig | wysig bron]Die meerderheid van Damaskus se bevolking is Soennitiese Moslems. Ongeveer 10% is Christene, terwyl daar nog 'n klein Joodse gemeenskap is.
Die Islam is die grootste godsdiens en die meerderheid Moslems is Soenni, terwyl Alawiete en Twaalwer-Sjiïete aansienlike minderhede uitmaak. Ongeveer 78% van die bevolking is Soenni-Moslems, sowat 12% Christene en sowat 10% Sjia-Moslems. Alawiete woon hoofsaaklik in die buurte Mezzeh 86 en Sumariyah, deel van die Mezzeh-distrik, en in die buurt Eish al-Warwar in die distrik Barzeh. Twaalwers woon hoofsaaklik naby die Sjiïtiese heilige plekke Sayyidah Ruqayya en Sayyidah Zaynab. Daar word geglo dat daar meer as 200 moskees in Damaskus is, waarvan die Ommajade-moskee die bekendste is.[74]
Christene verteenwoordig ongeveer 10 tot 15% van die bevolking. Verskeie Oosters-Christelike ritusse het hul hoofkwartiere in Damaskus, waaronder die Siries-Ortodokse Kerk, die Siries-Katolieke Kerk, die Melkitiese Grieks-Katolieke Kerk en die Grieks-Ortodokse Kerk van Antiogië. Die Christelike distrikte in die stad is Bab Tuma, Qassaa en Ghassani, elk met baie kerke. In die voorstad Soufanieh is 'n reeks verskynings van die Maagd Maria na berigte tussen 1982 en 2004 waargeneem.[75]
'n Kleiner Droese-minderheid bewoon die stad, veral in die gemengde Christelik-Droese voorstede Tadamon, Jaramana en Sahnaya. Daar was 'n klein Joodse gemeenskap in wat die Harat al-Yahud ("die Joodse kwartier") genoem word. Hulle was die oorblyfsels van 'n antieke en veel groter Joodse aanwesigheid in Sirië wat minstens tot die Romeinse tye terugdateer; vanaf 2023 het geen Jode meer oorgebly nie.[76]
Die Soefisme was gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu 'n invloedryke strekking in die Soenni-godsdienspraktyke, veral in Damaskus. Die grootste vroue- en meisiesbeweging in die Moslemwêreld is Soefi-georiënteerd en is in Damaskus gebaseer onder leiding van Munira al-Qubaysi. Die Siriese Soefisme het sy bolwerk in stedelike streke soos Damaskus, waar dit ook politieke bewegings soos Zayd gevestig het.[77]
Historiese besienswaardighede
[wysig | wysig bron]Die antieke stad Damaskus is in 1979 op die Wêrelderfenislys ingeskryf. Van die Arameese koninkryk (11de tot 7de eeu v.C.) af het Damaskus tot die politieke en stedelike middelpunt van die streek gegroei. Vandag bevat die antieke stad meer as 125 kultuurerfenisterreine wat Damaskus se lang geskiedenis verteenwoordig, waaronder argeologiese en argitektoniese oorblyfsels uit die Hellenistiese, Romeinse, Bisantynse, Islamitiese en Ottomaanse tydperke. Voortgesette konflik en oorlog bly egter die argeologiese erfenis bedreig en argeologiese ontdekking in Damaskus verhinder.[78]
Die sitadel van Damaskus is in die noordwestelike hoek van die ou stad. Die Reguit Straat van Damaskus (waarna in die verhaal van die bekering van Sint Paulus in Handelinge 9:11 verwys word), ook bekend as die Via Recta, was die decumanus (oos-wes-hoofstraat) van Romeinse Damaskus en het oor 1 500 m gestrek. Vandag bestaan dit uit die straat Bab Sharqi en die Souk Medhat Pasha, 'n oordekte mark. Die Bab Sharqi-straat is vol klein winkels en lei na die ou Christelike kwartier Bab Tuma (Sint Thomas se Poort), waar die St. Georgekatedraal, die setel van die Siries-Ortodokse Kerk, geleë is. Aan die einde van die Bab Sharqi-straat kom 'n mens by die Huis van Ananias, 'n ondergrondse kapel wat die kelder van Ananias se huis was. Die Ommajade-moskee, ook bekend as die Groot Moskee van Damaskus, is een van die grootste moskees ter wêreld en ook een van die oudste plekke van deurlopende gebed sedert die opkoms van die Islam; 'n heiligdom in die moskee bevat na bewering die liggaam van Johannes die Doper. Die mausoleum waarin Saladin begrawe is, is in die tuine net buite die moskee. Die Sayyidah Ruqayya-moskee, die heiligdom van die jongste dogter van Husayn ibn Ali, is ook naby die Ommajade-moskee te vind. Nog 'n plek wat baie besoek word, is die Sayyidah Zaynab-moskee, waar die graf van Zaynab bint Ali is.[79]
Die Harat al-Yehud of Joodse kwartier is 'n onlangs herstelde historiese toeristebestemming wat voor die uitbreek van die burgeroorlog gewild onder Europeërs was. Vakansiegangers kan die buurt en die skilderagtige antieke huise geniet wat deur die heeltemal vertrekte Siriese Joodse gemeenskap verlaat is.[80]
Ander plekke van belang sluit in:
- Die Sitadel van Damaskus
- Die Nasionale Museum van Damaskus
- Die ontelbare fonteine in die stad
- Die baie geboue met Ottomaanse argitektuur
- Die grafte en begraafplase van belangrike figure uit die Islam en die Christendom (byvoorbeeld Johannes die Doper en imam Hussein)
- Die Bab Saghir-begraafplaas
- Die Nabi Habeel-moskee
- Oorblyfsels van die tempel van Jupiter
Mure en poorte van Damaskus
[wysig | wysig bron]
Die ou stad van Damaskus, met 'n oppervlakte van ongeveer 86,12 hektaar, word deur vestingmure aan die noordelike en oostelike kante en deel van die suidelike kant omring. Daar is sewe bestaande stadspoorte, waarvan die oudste tot die Romeinse tydperk terugdateer. Dit is, kloksgewys van die sitadel se noorde:
- Bab al-Faradis ("die poort van die vrugteboorde" of "van die paradys")
- Bab al-Salam ("die poort van vrede"), albei op die noordelike grens van die ou stad
- Bab Tuma ("Thomas se Poort") in die noordoostelike hoek, wat na die Christelike kwartier van dieselfde naam lei
- Bab Sharqi ("oostelike poort") in die oostelike muur, die enigste een wat sy Romeinse plan behou
- Bab Kisan in die suidooste, waaruit die oorlewering hou dat Sint Paulus in 'n mandjie van die vestingmure af ontsnap het; dié poort is gesluit en in die Kapel van Sint Paulus omskep
- Bab al-Saghir (die Klein Poort), wat na die Bab al-Saghir-begraafplaas lei
- Bab al-Jabiya by die ingang van die Souk Midhat Pasha, in die suidweste
Ander gebiede buite die ommuurde stad dra ook die naam "poort": Bab al-Faraj, Bab Mousalla en Bab Sreija, albei suidwes van die ommuurde stad.[79]
Kerke in die ou stad
[wysig | wysig bron]
- Die Kapel van Sint Paulus
- Die Huiskapel van Ananias, moontlik die oudste huiskerk ter wêreld
- Die Mariamitiese Katedraal van Damaskus
- Die Katedraal van die Ontslaping van Ons Liewe Vrou
- Die Rooms-Katolieke katedraal in Zaitoon-laan
- Die Sint Johannes Damascenus-kerk
- Sint Paulus se Laura
- Sint George se Siries-Ortodokse Katedraal
Moskees en Islamitiese bakens in die ou stad
[wysig | wysig bron]- Die Groot Moskee van Damaskus (ook die Ommajade-moskee genoem)
- Die Sayyidah Ruqayya-moskee
- Die Hanabila-moskee
- Die Al-Tawba-moskee
- Die Jarrah-moskee
- Saladin se Mausoleum
Ou Damasceense huise
[wysig | wysig bron]
- Die Azm-paleis, oorspronklik in 1750 as die woning van die Ottomaanse goewerneur van Damaskus, As'ad Pasha al-Azm, gebou en tans die Museum van Kuns en Volkstradisies
- Bayt al-Aqqad
- Bayt Farhi, 'n groot Joodse binnehofherehuis uit die laat 18de eeu wat vir die vooraanstaande Farhi-familie gebou is
- Maktab Anbar, 'n Joodse private herehuis uit die middel van die 19de eeu wat in 1976 deur die Ministerie van Kultuur herstel is om as biblioteek, uitstallingsentrum, museum en ambagswerkswinkels te dien
- Beit al-Mamlouka, 'n Damasceense huis uit die 17de eeu wat sedert 2005 as 'n luukse boetiekhotel in die ou stad dien[81]
Bedreigings vir die toekoms van die ou stad
[wysig | wysig bron]Weens die snelle afname van die bevolking van ou Damaskus (tussen 1995 en 2009 het sowat 30 000 mense uit die ou stad na moderner verblyf verhuis) word 'n groeiende aantal geboue verlaat of raak dit in verval. In Maart 2007 het die plaaslike regering aangekondig dat dit geboue in die ou stad langs 'n strook vestingmure van 1 400 m sou sloop as deel van 'n herontwikkelingskema. Dié faktore het daartoe gelei dat die ou stad deur die World Monuments Fund op sy 2008-waglys van die 100 mees bedreigde terreine ter wêreld geplaas is.[82][83]
Ten spyte van die aanbevelings van die Unesco-Wêrelderfenissentrum is die Souq al-Atiq, 'n beskermde buffersone, in November 2006 in drie dae verwoes; Koning Faisalstraat, 'n tradisionele handewerkstreek in 'n beskermde buffersone naby die mure van ou Damaskus tussen die sitadel en Bab Tuma, word deur 'n voorgestelde snelweg bedreig; en in 2007 is die ou stad van Damaskus, en veral die distrik Bab Tuma, deur die World Monuments Fund as een van die mees bedreigde terreine ter wêreld erken. In Oktober 2010 het die Global Heritage Fund Damaskus een van 12 kultuurerfenisterreine genoem wat die meeste "op die punt" van onherstelbare verlies en verwoesting staan.[84]
Onderwys
[wysig | wysig bron]
Damaskus is die hoofsentrum van onderwys in Sirië. Dit is die tuiste van die Universiteit van Damaskus, die oudste en grootste universiteit in Sirië. Nadat wetgewing wat private hoëronderwysinstellings toelaat aangeneem is, is verskeie nuwe universiteite in die stad en die omliggende gebied gestig, waaronder die Siriese Virtuele Universiteit, die Internasionale Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie, die Siriese Private Universiteit, die Arabiese Internasionale Universiteit, die Universiteit van Kalamoon, die Yarmouk Private Universiteit, die Wadi Internasionale Universiteit, die Al-Jazeera-universiteit en die Europese Universiteit Damaskus.[85]
Instellings speel ook 'n belangrike rol in die onderwys, waaronder die Hoër Instituut vir Sakebestuur, die Hoër Instituut vir Toegepaste Wetenskap en Tegnologie, die Hoër Instituut vir Dramatiese Kunste en die Nasionale Instituut vir Administrasie.[86]
Vervoer
[wysig | wysig bron]
Damaskus is met ander groot stede in Sirië deur 'n snelwegnetwerk verbind. Die M5 verbind Damaskus met Homs, Hama, Aleppo en Turkye in die noorde en met Jordanië in die suide. Die M1 loop van Homs na Latakia en Tartus, en die M4 verbind die stad met Al-Hasakah en Irak. Die M1-hoofweg verbind die stad met Wes-Sirië en Beiroet.
Die hooflughawe is die Damaskus Internasionale Lughawe, ongeveer 20 km van die stad, met verbindings na 'n paar Midde-Oosterse stede. Voor die begin van die Siriese Burgeroorlog het die lughawe verbindings na baie Asiatiese, Europese, Afrikaanse en Suid-Amerikaanse stede gehad. Strate in Damaskus is dikwels nou, veral in die ouer dele van die stad, en spoedwalle word wyd gebruik om die spoed van voertuie te beperk. Baie taximaatskappye bedryf in Damaskus; tariewe word deur die wet gereguleer en taxibestuurders is verplig om 'n taximeter te gebruik.
Openbare vervoer in Damaskus is grootliks van busse en minibusse afhanklik. Daar is omtrent honderd roetes wat binne die stad bedryf word en sommige daarvan strek van die middestad na nabygeleë voorstede. Daar is geen rooster vir die roetes nie, en weens die beperkte aantal amptelike bushaltes stop busse gewoonlik waar 'n passasier ook al moet op- of afklim. Die aantal busse wat dieselfde roete bedien, is relatief hoog, wat die wagtyd verminder. Roetes is nie genommer nie, maar kry eerder opskrifte wat meestal die twee eindpunte en moontlik 'n belangrike stasie langs die roete aandui. Tussen 2019 en 2022 is meer as 100 moderne busse uit China gelewer as deel van 'n internasionale ooreenkoms, wat die openbare vervoer van Damaskus versterk en gemoderniseer het.[87]
Die voormalige hoofspoorwegstasie van Damaskus, wat deur Siriese Spoorweë bedien is, was die al-Hejaz-spoorwegstasie, ongeveer 1 km wes van die ou stad. Die stasie is nou buite gebruik en die spore is verwyder, maar daar is steeds 'n kaartjietoonbank en 'n pendeldiens na die Qadam-stasie in die suide van die stad, wat nou as die hoofspoorwegstasie funksioneer. In 2008 het die regering 'n plan aangekondig om 'n Damaskus-metro te bou; 'n metronetwerk van vier lyne word verwag om teen 2050 in bedryf te wees.[88]
Kultuur
[wysig | wysig bron]
Damaskus is as die Arabiese Kultuurhoofstad van 2008 gekies. Die voorbereiding vir die feestelikheid het in Februarie 2007 begin met die stigting van die Administratiewe Komitee vir "Damaskus, Arabiese Kultuurhoofstad" by presidensiële dekreet. Museums in Damaskus sluit die Nasionale Museum van Damaskus, die Azem-paleis, die Krygsmuseum, die Oktoberoorlog-panoramamuseum, die Museum van Arabiese Kalligrafie en die Nur al-Din Bimaristan in.[89]
Sport en ontspanning
[wysig | wysig bron]
Gewilde sportsoorte sluit sokker, basketbal, swem, tennis, tafeltennis, ruitersport en skaak in. Damaskus is die tuiste van baie sokkerklubs wat aan die Siriese Premierliga deelneem, waaronder al-Jaish, al-Shorta, Al-Wahda en Al-Majd. Baie ander sportklubs is in verskeie distrikte van die stad geleë. Die vyfde en die sewende Pan-Arabiese Spele is onderskeidelik in 1976 en 1992 in Damaskus gehou.
Die nou gemoderniseerde Al-Fayhaa-sportstad beskik oor 'n basketbalbaan en 'n saal wat tot 8 000 mense kan huisves. Laat in November 2021 het Sirië se nasionale basketbalspan daar teen Kasakstan gespeel, wat Damaskus die gasheer van Sirië se eerste internasionale basketbaltoernooi in byna twee dekades gemaak het. Die stad het ook 'n moderne gholfbaan naby die Ebla Cham Palace-hotel aan die suidoostelike buitewyke van Damaskus.[90]

Damaskus het 'n lewendige naglewe. Koffiehuise bied Arabiese koffie, tee en nargileh (waterpype) aan. Kaartspeletjies, tables (variante van tafelspel) en skaak is aktiwiteite wat gereeld in kafees voorkom. Dié koffiehuise het in die verlede 'n internasionale reputasie gehad. Huidige rolprente kan by Cinema City gesien word, wat voorheen as Cinema Dimashq bekend was.
Die Tishreen-park is een van die grootste parke in Damaskus en is die tuiste van die jaarlikse Damaskus-blommeskou. Ander parke sluit al-Jahiz, al-Sibbki, al-Tijara en al-Wahda in. Die stad se bekende Ghouta-oase is ook 'n naweekbestemming vir ontspanning. Baie ontspanningsentrums bedryf in die stad, waaronder sportklubs, swembaddens en gholfbane. Die Siriese Arabiese Perdevereniging in Damaskus bied 'n wye reeks aktiwiteite en dienste vir perdetelers en -ruiters aan.[91]
Besienswaardighede in die omgewing
[wysig | wysig bron]- Madaya: 'n klein bergdorpie en bekende vakansieoord.
- Bloudan: 'n dorp 51 km noordwes van Damaskus; sy gematigde temperatuur en lae humiditeit in die somer lok baie besoekers uit Damaskus en van oral in Sirië, Libanon en die Persiese Golf.
- Zabadani: 'n stad naby die grens met Libanon. Sy milde weer en die skilderagtige uitsigte het die dorp 'n gewilde oord vir sowel toeriste as besoekers uit ander Siriese stede gemaak.
- Maaloula: 'n dorp waar Wes-Neo-Aramees oorheersend gepraat word.
- Saidnaya: 'n stad in die berge, 1 500 m bo seevlak, wat een van die biskoplike stede van die antieke Patriargaat van Antiogië was.
Susterstede
[wysig | wysig bron]Gebore in Damaskus
[wysig | wysig bron]- Apollodorus van Damaskus (65-130), argitek
- Damascius (462-538), filosoof
- Johannes Damascenus (676-749), kerkvader
- Abd al-Rahman I (731-788), eerste emir van Córdoba
- Soraya Tarzi (1899-1968), Koningin van Afghanistan
- Michel Aflaq (1910-1989), een van die stigters van die Baath-party
- Salah Tarazi (1917-1980), diplomaat en regter
- Abdallah el-Khani (1925), diplomaat, minister en regter
- Haitham al-Maleh (1931), menseregteverdediger, prokureur en voormalige regter
- Sadiq Jalal al-Azm (1934-2016), filosoof
- Walid Muallem (1941-2020), politikus (minister van buitelandse sake)
- Bassam Tibi (1944), Duitse politieke wetenskaplike
- Abbas al-Noury (1954), akteur
- Yasser Seirawan (1960), Amerikaanse skaakspeler
- Bashar al-Assad (1965), president van Sirië (2000 – hede)
- Diana El Jeiroudi (1977), filmregisseur en vervaardiger
- Noura Ghazi (1981), prokureur en menseregte-aktivis
- Yusra Mardini (1998), swemmer
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 3 4 unesco.org
- 1 2 3 4 Moore, A.M.T. The Neolithic of the Levant. Oxford, UK: Oxford University, 1978. 192–198. Print.
- 1 2 Burns 2005, p. 2
- 1 2 Burns 2005, pp. 5–6
- ↑ "Biggest Cities In Syria". WorldAtlas. 25 April 2017.
- ↑ Bowker, John (2003). "Damascus". The Concise Oxford Dictionary of World Religions. Oxford University Press.
- ↑ "Cities of the Middle East and North Africa: A Historical Encyclopedia".. (2007). ABC-CLIO.
- ↑ Totah, Faedah M. (2009). "Return to the origin: negotiating the modern and unmodern in the old city of Damascus". City & Society. 21 (1): 58-81.
- ↑ Buckley, Julia (4 September 2019). "World's most livable city revealed". CNN.
- ↑ "A luxury city shows blueprint for Syria's rebuilding plans". Associated Press. 5 November 2018. Besoek op 7 Junie 2024.
- ↑ Gauthier, Henri (1929). Dictionnaire des Noms Géographiques Contenus dans les Textes Hiéroglyphiques. Vol. 6. p. 42.
- ↑ "Kalmasoft – Phonetic Database of Syriac Words". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2021. Besoek op 20 Junie 2021.
- ↑ Stephanus van Bisantium, Ethnica, bl. 9.
- ↑ Younger, K. Lawson Jr. (2016). A Political History of the Arameans: From Their Origins to the End of Their Polities. SBL Press. ISBN 978-1-58983-128-5.
- ↑ Johnston, Ruth A. (2011). All Things Medieval: An Encyclopedia of the Medieval World. Greenwood. p. 149. ISBN 978-0-313-36462-4.
- 1 2 3 romeartlover, "Damascus: the ancient town" Geargiveer 8 Oktober 2015 op Wayback Machine
- 1 2 3 "Strategy and Frameworks for the Development of the Damascus Metropolitan Area" (PDF). Damascus Metropolitan Area Urban Planning and Development. Besoek op 12 Mei 2021.
- ↑ Hamad Said al-Mawed, The Palestinian refugees in Syria: Their past, present, and future, 1999.
- ↑ Kottek, M.; Grieser, J.; Beck, C.; Rudolf, B.; Rubel, F. (2006). "World Map of the Köppen-Geiger climate classification updated". Meteorologische Zeitschrift. 15: 259-263. doi:10.1127/0941-2948/2006/0130.
- ↑ "Damascus Climate Normals 1961–1990". National Oceanic and Atmospheric Administration. Besoek op 8 Januarie 2016.
- ↑ Burns 2005, p. 7
- ↑ Burns 2005, p. 9
- ↑ Burns 2005, p. 10
- ↑ Burns 2005, p. 11
- ↑ Burns 2005, pp. 21–23
- ↑ Getzel M. Cohen, The Hellenistic Settlements in Syria, the Red Sea Basin, and North Africa, University of California Press, 2006.
- ↑ Jerry Knoblet, Herod the Great, University Press of America, 2005.
- ↑ Burns 2005, p. 52
- ↑ Abdulkarim (2003), bl. 35–37.
- ↑ Kevin Butcher, Coinage in Roman Syria: Northern Syria, 64 BC–AD 253, Royal Numismatic Society, 2004.
- ↑ Rainer Riesner, Paul's Early Period: Chronology, Mission Strategy, Theology, Wm. B. Eerdmans, 1998, bl. 83–84, 89.
- ↑ Kaegi (2003), bl. 75–77.
- ↑ Crawford (2013), bl. 42–43.
- ↑ Safiur-Rahman Mubarakpuri, The Sealed Nectar, bl. 227.
- ↑ Akbar Shāh Ḵẖān Najībābādī, History of Islam, vol. 1.
- ↑ Burns 2005, pp. 98–99
- ↑ Burns 2005, p. 100
- ↑ Burns 2005, pp. 103–104
- ↑ Burns 2005, pp. 106–107
- ↑ Burns 2005, p. 110
- ↑ Burns 2005, p. 113
- ↑ Burns 2005, pp. 121–122
- ↑ Burns 2005, pp. 130–132
- ↑ Burns 2005, pp. 135–136
- ↑ Burns 2005, pp. 137–138
- ↑ Burns 2005, p. 142
- ↑ Burns 2005, p. 147
- ↑ R. Stephen Humphreys, From Saladin to the Mongols: The Ayyubids of Damascus, 1193–1260, State University of New York Press, 1977.
- ↑ Abd al-Razzaq Moaz, The Ayyubid Era: Art and Architecture in Medieval Syria, Museum With No Frontiers, 2001.
- ↑ Runciman (1987), bl. 307, 439.
- ↑ Amitai (1987), bl. 247–248.
- ↑ Nicolle (2001), bl. 80.
- ↑ Ibn Khaldun (1952), bl. 97.
- ↑ Abd al-Qadir al-Rihawi en Émilie E. Ouéchek, "Les deux takiyya de Damas", Bulletin d'études orientales, 1975.
- ↑ "Population and Revenue in the Towns of Palestine in the Sixteenth Century".
- ↑ Shafir, Nir (2020). "In an Ottoman Holy Land: The Hajj and the Road from Damascus, 1500–1800". History of Religions. 60 (1): 1-36.
- ↑ Ellen Clare Miller, Eastern Sketches – notes of scenery, schools and tent life in Syria and Palestine, William Oliphant and Company, Edinburgh, 1871.
- ↑ Twain 1869, p. 283
- ↑ Élisée Reclus, Ernst Georg Ravenstein en Augustus Henry Keane, The Earth and Its Inhabitants, bl. 401.
- ↑ A. Barker, "The Allies Enter Damascus", History Today, vol. 48, 1998.
- ↑ P.M. Roberts, World War I: A Student Encyclopedia, ABC-CLIO, 2006, bl. 657.
- ↑ "French Shells Kill 600 in Damascus", The New York Times, 20 Mei 1926.
- ↑ George Seldes, Witness to a Century, Ballantine Books, 1987, bl. 232.
- ↑ "Heavy gunfire in Syria's capital during the weekend". Haaretz. 10 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2023.
- ↑ Aboufadel, Leith (20 Mei 2018). "Syrian military in full control of Damascus for first time in years". Al-Masdar News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2018.
- ↑ "Least habitable city". Guinness World Records.
- ↑ "Syrian rebels said their forces had entered Damascus". The New York Times. 8 Desember 2024.
- ↑ "Israel demands complete demilitarisation of southern Syria". BBC. 24 Februarie 2025.
- ↑ "Israel bombs 'military targets' in southern Syria, outside Damascus". Al Jazeera. 26 Februarie 2025.
- 1 2 3 "Damascus". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 November 2009.
- ↑ "Inauguration of Damascus Stock Exchange". Syrian Enterprise and Business Center. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2011. Besoek op 28 November 2009.
- ↑ General Census of Population and Housing 2004, Siriese Sentrale Buro vir Statistiek.
- ↑ Chatty, Dawn (2010). Displacement and Dispossession in the Modern Middle East. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-81792-9.
- ↑ Flood, Finbarr Barry (2001). The Great Mosque of Damascus: Studies on the Makings of an Umayyad Visual Culture. Brill. ISBN 978-90-04-11638-2.
- ↑ "Syria – Report on International Religious Freedom". Amerikaanse Departement van Staat. Besoek op 18 Junie 2025.
- ↑ "'Urgent' action urged to preserve remaining Jewish sites in Syria and Iraq". The Jewish Chronicle.
- ↑ "Syrian Sufis Divided As Salafist Influence Grows". Al-Monitor. 2013.
- ↑ "Ancient History, Modern Destruction: Assessing the Current Status of Syria's World Heritage Sites Using High-Resolution Satellite Imagery". aaas.org. American Association for the Advancement of Science. Besoek op 2 Oktober 2024.
- 1 2 "Ancient City of Damascus". Unesco. Besoek op 31 Oktober 2017.
- ↑ England, Andrew (19 Mei 2010). "Damascus gives old Jewish quarter new life". Financial Times.
- ↑ "Maktab Anbar Restoration". Archnet. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2015. Besoek op 9 Oktober 2017.
- ↑ Hendawi, Hamza. "Old Damascus struggles to cope in the new Syria". San Diego Union-Tribune.
- ↑ World Monuments Fund. "2008 World Monuments Watch List of 100 Most Endangered Sites" (PDF). World Monuments Fund. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Maart 2013. Besoek op 27 Julie 2015.
- ↑ "Vanishing sites". Global Heritage Fund. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2011. Besoek op 1 Junie 2011.
- ↑ "Syrian Private University". Besoek op 2 Desember 2018.
- ↑ Al-Raeei, Marwan (2023). "Analysing of the sustainable development goals in Damascus University during Syrian crisis". Discover Sustainability.
- ↑ Mazen Eyon (29 Junie 2022). "Syria receives one hundred domestic traffic-buses offered by China". SANA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2022.
- ↑ "Die groen lyn" (in Arabies). Damascus-metro.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2008. Besoek op 24 Augustus 2026.
- ↑ "Damaskus, Arabiese Kultuurhoofstad 2008" (in Arabies). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2011. Besoek op 27 Desember 2012.
- ↑ Albert Aji (November 2021). "Syria hosts first international basketball tourney in years". Associated Press.
- ↑ "Syrian Arab Horse Association". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Julie 2010. Besoek op 20 Junie 2010.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- (en) Abdulkarim, Maamoun (2003). Apollodorus of Damascus and Trajan's Column. L'Erma di Bretschneider. ISBN 978-88-8265-233-3
- (en) Amitai, Reuven (1987). "Mongol Raids into Palestine (AD 1260 and 1300)". Journal of the Royal Asiatic Society, bl. 236–255.
- (en) Burns, Ross (2005). Damascus: A History. Routledge. ISBN 978-0-415-27105-9
- (en) Crawford, Peter (2013). The War of the Three Gods: Romans, Persians and the Rise of Islam. Pen and Sword. ISBN 978-1-4738-2865-0
- (en) Ibn Khaldun (1952). Ibn Khaldūn and Tamerlane: Their Historic Meeting in Damascus, 1401 A.D. Vertaal deur Walter Joseph Fischel. University of California Press.
- (en) Kaegi, Walter Emil (2003). Heraclius: Emperor of Byzantium. Cambridge University Press. ISBN 0-521-81459-6
- (en) Nicolle, David (2001). The Crusades. Osprey Publishing. ISBN 978-1-84176-179-4
- (en) Runciman, Steven (1987). A History of the Crusades, Volume 3: The Kingdom of Acre and the Later Crusades. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-34772-3
- (en) Twain, Mark (1869). The Innocents Abroad. American Publishing Company.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Damaskus.


