Gaan na inhoud

Suid-Ossetië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië
Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон
Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston (Osseties)
სამხრეთი ოსეთი
Samkhreti Oseti (Georgies)
Республика Южная Осетия / Государство Алания
Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya (Russies)
Vlag van Suid-Ossetië Wapen van Suid-Ossetië
Vlag Wapen
Volkslied:
Республикӕ Хуссар Ирыстоны Паддзахадон Гимн
(tr.: Respublikæ Hussar Irystony Paddzahadon Gimn)
(Osseties vir: "Volkslied van die Republiek Suid-Ossetië")
Ligging van Suid-Ossetië
Hoofstad Zchinwali

42°14′N 43°58′O / 42.233°N 43.967°O / 42.233; 43.967

Grootste stad Zchinwali
Amptelike tale Osseties en Russies[1]
Regering Semi-presidensiële republiek
Marat Kambolof (wnd.)
Marat Kambolof
Onafhanklikheid
Gedeeltelik erkende staat
• Verklaar
• Erkenning

van Georgië
29 Mei 1992
26 Augustus 2008 (beperk)
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
3 900 km2  
1 500 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2022-skatting
 - 2015-sensus
 - Digtheid
 
56 520[2] (–)
53 532[3]
13,7 / km2
35,5 / myl2
BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2017-skatting

$100 miljoen[4] (–)
$2 000 (–)

Geldeenheid Russiese roebel (RUB)
Tydsone
 - Somertyd
MSK (UTC+3)
nie toegepas nie (UTC+3)
Internet-TLD geen
Skakelkode +995 34

Suid-Ossetië (Osseties: Хуссар Ирыстон, Chussar Iryston; Georgies: სამხრეთი ოსეთი, Samchreti Osseti; Russies: Южная Осетия, Juschnaja Ossetija), amptelik die Republiek Suid-Ossetië – die Staat Alanië[5][6] (Osseties: Республикӕ Хуссар Ирыстон / Паддзахад Аллонстон, Respublikæ Xussar Iryston / Paddzaxad Allonston; Russies: Республика Южная Осетия / Государство Алания, Respublika Yuzhnaya Osetiya / Gosudarstvo Alaniya), is volgens internasionale reg 'n deel van Georgië, maar vorm de facto 'n onafhanklike[7][8] republiek,[9][10] sonder algemene internasionale erkenning.

Image
’n Kaart van Georgië wat die gebiede Abchasië (groen) en Suid-Ossetië (pers) aandui, wat albei de facto onafhanklik is
Image
Landskap in Suid-Ossetië se Ezhawa-distrik

Alhoewel Georgië nie beheer oor Suid-Ossetië uitoefen nie, beskou die Georgiese regering, die Verenigde Nasies en die meerderheid van die wêreld se regerings Suid-Ossetië as deel van Georgië, wie se grondwet ná dié gebied as die voormalige outonome distrik Suid-Ossetië verwys.[11]

Suid-Ossetië is in die suidelike Groter Kaukasus geleë. Die hoofstad en grootste stad is Zchinwali. Suid-Ossetië beslaan 'n oppervlakte van 3 900 km² en het 'n bevolking van 56 520 in 2022 gehad. Suid-Ossetië grens in die noorde aan die Russiese deelgebied Noord-Ossetië-Alanië.

Soms word na Suid-Ossetië, Abchasië en Transnistrië as post-Sowjetse "bevrore konfliksones" verwys.[12][13] Almal is lidlande van die Gemeenskap vir Demokrasie en Regte van Nasies.

Politiek

[wysig | wysig bron]

Internasionale erkenning

[wysig | wysig bron]
Image
Internasionale erkenning van Abchasië en Suid-Ossetië:

   Abchasië en Suid-Ossetië

   VN-lidlande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Abchasië en Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   De facto lande wat Suid-Ossetië se onafhanklikheid erken

   Lande wat die onafhanklikheid van Abchasië en Suid-Ossetië nie erken nie

VN-lidlande
  • Vlag van Rusland Rusland erken Suid-Ossetië sedert 26 Augustus 2008 ná die Suid-Ossetië-oorlog van 2008.[14]
  • Vlag van Nicaragua Nicaragua erken Suid-Ossetië op 5 September 2008.[15]
  • Vlag van Venezuela Venezuela erken Suid-Ossetië op 10 September 2009.[16]
  • Vlag van Sirië Sirië erken Suid-Ossetië op 29 Mei 2018.[17]
Gedeeltelik erkende en nie-erkende gebiede
Voormalige erkenning
  • Vlag van Tuvalu Tuvalu erken Suid-Ossetië op 18 September 2011,[19] maar neem die erkenning op 31 Maart 2014 terug.[20]
  • Vlag van Nauru Nauru erken Suid-Ossetië op 16 Desember 2009,[21] maar neem die erkenning in Julie 2026 terug.[22][23]

Etniese samestelling

[wysig | wysig bron]
Image
Etniese kaart van die Kaukasus-streek

Ossetiërs vorm met 48 146 inwoners die meerderheid van die bevolking (89,9 persent).[24]

Etniese samestelling van Suid-Ossetië (2015)[24]
Etniese groepAantal%
Ossetiërs48 14689,9
Georgiërs3 9667,4
Russe6101,1
Armene3780,7
Ander4320,8
Suid-Ossetië (totaal)53 532100

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) "Presidential Elections in South Ossetia – Plan B". New Eastern Europe. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2013. Besoek op 9 Mei 2013.
  2. ↑ (ru) "Статистический сборник за январь-декабрь 2021 г." Departement van Staatsstatistiek van die Republiek Suid-Ossetië. 29 Maart 2022. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2023. Besoek op 28 Januarie 2023.
  3. ↑ (ru) "Окончательные данные переписи: в Южной Осетии живут 53 532 человека". sputnik-ossetia.ru. 11 Augustus 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Januarie 2020. Besoek op 23 September 2018.
  4. ↑ (ru) "Валовой внутренний продукт". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 April 2018. Besoek op 12 April 2018.
  5. ↑ (en) "South Ossetia Referendum On Name Change Steers Clear Of Thornier Unification Issue". RadioFreeEurope/RadioLiberty. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2019. Besoek op 23 September 2018.
  6. ↑ (en) "Referendum to rename South Ossetia 'Alania' set for April". oc-media.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 23 September 2018.
  7. ↑ (en) Olga Oliker, Thomas S. Szayna (2003). Faultlines of Conflict in Central Asia and the South Caucasus: Implications for the U.S. Army. RAND Korporasie. ISBN 0-8330-3260-7.
  8. ↑ (en) Emmanuel Karagiannis (2002). Energy and Security in the Caucasus. Routledge. ISBN 0-7007-1481-2.
  9. ↑ (en) Tom Parfitt (7 Augustus 2007). "Georgia up in arms over Olympic cash". The Guardian. Besoek op 4 November 2022.
  10. ↑ (en) Simon Saradzhyan (28 Maart 2006). "Kosovo wishes in Caucasus". International Relations and Security Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2008. Besoek op 23 Februarie 2008.
  11. ↑ (en) "The former autonomous district of South Ossetia". Regering van Georgia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 23 September 2018.
  12. ↑ (en) "OSCE: De Gucht Discusses Montenegro Referendum, Frozen Conflicts". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2020. Besoek op 23 September 2018.
  13. ↑ (en) "Frozen Conflicts in the Black Sea-South Caucasus Region". IASPS Policy Briefings. 1 Maart 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2013. Besoek op 26 Maart 2014.
  14. ↑ (en) "Russia welcomes Nicaragua's recognition of South Ossetia, Abkhazia". China Daily. 6 September 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Januarie 2020. Besoek op 22 Maart 2014.
  15. ↑ (en) "Nicaragua recognizes South Ossetia and Abkhazia | Top Russian news and analysis online". RIA Novosti. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2013. Besoek op 22 Maart 2014.
  16. ↑ (en) "Chavez Recognizes South Ossetia, Abkhazia As Independent – Radio Free Europe/Radio Liberty © 2009". Rferl.org. 10 September 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2016. Besoek op 22 Maart 2014.
  17. ↑ (en) "Georgia Severs Relations With Syria For Recognizing Abkhazia, South Ossetia". rferl.org. 29 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 23 September 2018.
  18. 1 2 (ru) "Абхазия, Южная Осетия и Приднестровье признали независимость друг друга и призвали всех к этому же". Newsru. 17 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op 22 Maart 2014.
  19. ↑ (ru) "Сообщение МИД РЮО | Информационное агентство Рес". Cominf.org. 23 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2019. Besoek op 22 Maart 2014.
  20. ↑ (en) mfa.gov.ge: Statement of the Georgian Foreign Ministry regarding the establishment of diplomatic and consular relations Geargiveer 31 Maart 2014 op Wayback Machine
  21. ↑ (en) "Pacific island recognizes Abkhazia's independence". RIA Novosti. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2013. Besoek op 8 Mei 2013.
  22. ↑ (en) "Nauru Withdraws Recognition of Georgia's Occupied Regions". OC Media. 29 Julie 2026. Besoek op 13 Augustus 2026.
  23. ↑ (en) "Nauru Withdraws Recognition of Georgia's Occupied Regions". Civil Georgia. 30 Julie 2026. Besoek op 7 Augustus 2026.
  24. 1 2 (en) Ethnic composition of Ossetia 2015 Geargiveer 6 Julie 2018 op Wayback Machine

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]