Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Mary Louise "Meryl" Streep (gebore 22 Junie 1949) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy word beskou as een van die veelsydigste akteurs van haar tydperk en is bekend vir haar tegniese presisie, praat in verskillende dialekte en professionele langlewendheid. Streep het 'n BA in lettere en wysbegeerte en 'n MA in beeldende kuns. Haar artistieke proses behels dikwels die verfyning van haar karakers se dialoog sodat hulle motiverings 'n sielkundige diepte besit wat bo dié van tradisionele argetipes uitstyg. Benewens haar kreatiewe werk is sy 'n prominente kampvegter vir gendergelykheid, arbeidsbeskerming en 'n teenstander van die invloed van die male gaze, mans wat vroue in rolprente as seksvoorwerpe beskou. Streep het haar professionele verhoogloopbaan in 1975 begin in Trelawny of the Wells en is die volgende jaar vir 'n Tony benoem vir 27 Wagons Full of Cotton. Sy het in 1977 in haar eerste rolprent, Julia verskyn. In 1978 is sy vir 'n Oscar benoem vir haar rol in The Deer Hunter. Sy het die volgende jaar haar eerste Oscar gewen vir Kramer vs. Kramer. Sy het in die 1980's 'n vooraanstaande aktrise geword met rolle in The French Lieutenant's Woman (1981), Sophie's Choice (1982), Out of Africa (1985) en A Cry in the Dark (1988), waarvoor sy die Cannes-prys vir beste aktrise ontvang het. Nadat Streep in die 1990's haar rolle uitgebrei het, het sy in die 2000's 'n nuwe vlak van kommersiële sukses behaal met rolle in prente soos The Devil Wears Prada (2006) en 'n sangrol in die blyspel Mamma Mia! (2008). Sy het terselfdertyd groot lof ingepalm vir haar dramatiese vertolkings in rolprente soos Doubt (2008) en The Iron Lady (2011), waarvoor sy haar derde Oscar gewen het. Die pryse wat sy gewen het, sluit in drie Oscars, agt Golden Globes, twee Baftas, vier Emmys en twee Screen Actors Guild Awards. Sy is 'n ontvanger van die Kennedysentrum-eerbewys, die Cecil B. DeMille-prys en 'n ere-César van Frankryk. In 2014 het sy die Presidensiële Vryheidsmedalje gewen. Sy is meer as enige ander akteur vir 'n Oscar en Golden Globe benoem, onderskeidelik 21 en 34 keer. Sy het oor die jare in meer as 60 rolprente en 18 televisieprojekte verskyn.
In die nuus
Het u geweet...
... dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |


