Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Dinsdag, 21 April 2026
Hier is tans 128 756 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Image

Image
Voorbladartikel
Meryl Streep op die Cannes-rolprentfees van 2024.

Mary Louise "Meryl" Streep (gebore 22 Junie 1949) is 'n Amerikaanse aktrise. Sy word beskou as een van die veelsydigste akteurs van haar tydperk en is bekend vir haar tegniese presisie, praat in verskillende dialekte en professionele langlewendheid. Streep het 'n BA in lettere en wysbegeerte en 'n MA in beeldende kuns.

Haar artistieke proses behels dikwels die verfyning van haar karakers se dialoog sodat hulle motiverings 'n sielkundige diepte besit wat bo dié van tradisionele argetipes uitstyg. Benewens haar kreatiewe werk is sy 'n prominente kampvegter vir gendergelykheid, arbeidsbeskerming en 'n teenstander van die invloed van die male gaze, mans wat vroue in rolprente as seksvoorwerpe beskou.

Streep het haar professionele verhoogloopbaan in 1975 begin in Trelawny of the Wells en is die volgende jaar vir 'n Tony benoem vir 27 Wagons Full of Cotton. Sy het in 1977 in haar eerste rolprent, Julia verskyn. In 1978 is sy vir 'n Oscar benoem vir haar rol in The Deer Hunter. Sy het die volgende jaar haar eerste Oscar gewen vir Kramer vs. Kramer. Sy het in die 1980's 'n vooraanstaande aktrise geword met rolle in The French Lieutenant's Woman (1981), Sophie's Choice (1982), Out of Africa (1985) en A Cry in the Dark (1988), waarvoor sy die Cannes-prys vir beste aktrise ontvang het.

Nadat Streep in die 1990's haar rolle uitgebrei het, het sy in die 2000's 'n nuwe vlak van kommersiële sukses behaal met rolle in prente soos The Devil Wears Prada (2006) en 'n sangrol in die blyspel Mamma Mia! (2008). Sy het terselfdertyd groot lof ingepalm vir haar dramatiese vertolkings in rolprente soos Doubt (2008) en The Iron Lady (2011), waarvoor sy haar derde Oscar gewen het.

Die pryse wat sy gewen het, sluit in drie Oscars, agt Golden Globes, twee Baftas, vier Emmys en twee Screen Actors Guild Awards. Sy is 'n ontvanger van die Kennedysentrum-eerbewys, die Cecil B. DeMille-prys en 'n ere-César van Frankryk. In 2014 het sy die Presidensiële Vryheidsmedalje gewen. Sy is meer as enige ander akteur vir 'n Oscar en Golden Globe benoem, onderskeidelik 21 en 34 keer. Sy het oor die jare in meer as 60 rolprente en 18 televisieprojekte verskyn.

...lees verder

Image

Image
In die nuus
Geordin Hill-Lewis in 2023
Geordin Hill-Lewis in 2023

Image

Image
Het u geweet...

... dat daar een vlag is wat nooit gesalueer of gestryk word nie? Op 20 Julie 1969 het Neil Armstrong en Buzz Aldrin 'n Amerikaanse vlag op die maan geplant wat tot vandag toe nog daar staan.

... dat Indië die land is wat die meeste rolprente vervaardig? Die Indiese rolprentbedryf, waaronder ook Bollywood, vervaardig jaarliks 'n gemiddelde 800 rolprente, twee keer soveel as Hollywood.

... dat die wêreld se oudste restaurant in Salzburg in Oostenryk is? Die Stiftskeller St. Peter was oorspronklik 'n klooster wat reeds in 803 n.C. begin het om reisigers van maaltye te voorsien.

... dat die Toepolef Tu-144 van die Sowjetunie die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld was? Die eerste toetsvlug het op 31 Desember 1968 plaasgevind, enkele maande voordat die Frans-Britse Concorde vir die eerste keer opgestyg het.

... dat u kan sien watter artikels na 'n spesifieke een toe skakel en aanstuur? Onder "gereedskap" (links) is "Skakels hierheen" beskikbaar wat hierdie inligting verskaf. Dit werk selfs vir artikels wat nog nie bestaan nie.

Image

Image
Vandag in die geskiedenis

21 April

Ayrton Senna
Ayrton Senna

Image

Image
Voorbladbeeld
Die Taj Mahal in Agra, Indië, is een van die bekendste bakens van die Mogolryk.
Image
Vind artikels
Image

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Image
Wikipedia in ander tale
Image
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Image
Susterprojekte
Image
Image Commons
Vrye media
Image Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Image Wikinews
Vrye nuusbron
Image Wikisource
Die vrye biblioteek
Image Wikibooks
Vrye boeke
Image Wikiquote
Aanhalings
Image Wikispecies
Spesie-indeks
Image Meta-Wiki
Projekkoördinering