Gaan na inhoud

Vrouekrieketwêreldbeker 2000

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vrouekrieketwêreldbeker 2000
Image
Kenteken van die Vrouekrieketwêreldbeker 2000
Datums 29 November – 23 Desember
Bestuurder Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Australië Australië
Deelnemers 8
Wedstryde gespeel 31
Speler van die reeks Vlag van Australië Lisa Keightley
Meeste lopies Vlag van Australië Karen Rolton (393)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Australië Charmaine Mason (17)[2]
1997
2005

Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 (Engels: 2000 Women’s Cricket World Cup) is van 29 November tot 23 Desember 2000 in Nieu-Seeland beslis. Dit was die sewende vrouekrieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die destydse Internasionale Vrouekrieketraad (IVKR) aangebied is en ná die 1982-toernooi die tweede in Nieu-Seeland. Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is deur die sportnuuswebwerf Cricinfo geborg en staan dus amptelik bekend as die Cricinfo Vrouekrieketwêreldbeker 2000.

Agt nasionale vrouekrieketspanne het aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deelgeneem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika. Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is 31 wedstryde gespeel, waaronder 28 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in een groep geplaas, waarin elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het, dus het elke span sewe groepwedstryde gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika geklop en Nieu-Seeland vir Indië, waardeur vir die tweede agtereenvolgende keer Australië en Nieu-Seeland mekaar in die eindstryd ontmoet het. Die gasvroue Nieu-Seeland het die verdedigende kampioen Australië in die eindstryd op Bert Sutcliffe-ovaal in Lincoln met vier lopies verslaan en sodoende sy eerste vrouekrieketwêreldbekertitel ingepalm.

Deelnemers

[wysig | wysig bron]

Daar is agt spanne uitgenooi om aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deel te neem: Australië, Engeland, Ierland, Indië, Nederland, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Suid-Afrika.

Image
Spanne wat aan die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 deelgeneem het.

 Gasvroue

 Uitgenooi deur die organiseerders

 Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Gasvroue Sewende 1997 Naaswenner (1993, 1997)
Vlag van Australië Australië Uitgenooi Sewende 1997 Kampioen (1978, 1982, 1988, 1997)
Vlag van Engeland Engeland Sewende 1997 Kampioen (1973, 1993)
Vlag van Indië Indië Vyfde 1997 Halfeindrondte (1997)
Vlag van Ierland Ierland Vierde 1997 Vierde plek (1988)
Vlag van Nederland Nederland Vierde 1997 Kwarteindrondte (1997)
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka Tweede 1997 Kwarteindrondte (1997)
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika Tweede 1997 Kwarteindrondte (1997)

Stadions

[wysig | wysig bron]

Tydens die toernooi is vier Nieu-Seelandse stadions gebruik. Altesaam 31 wedstryde is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 gespeel, waaronder die eindstryd. Die hele toernooi is in die twee stede Christchurch en Lincoln op die Nieu-Seelandse Suideiland aangebied.

Christchurch
Hagley-ovaal Hagleypark
43°32′2.4″S 172°37′8.4″O / 43.534000°S 172.619000°O / -43.534000; 172.619000 (Hagley-ovaal) 43°31′48″S 172°37′12″O / 43.53000°S 172.62000°O / -43.53000; 172.62000 (Hagleypark)
Kapasiteit: 9 000 Kapasiteit: 9 000
Image Image
Vrouekrieketwêreldbeker 2000 (Nieu-Seeland)
Lincoln
Bert Sutcliffe-ovaal Lincoln Green
43°38′48.12″S 172°27′46.08″O / 43.6467000°S 172.4628000°O / -43.6467000; 172.4628000 (Bert Sutcliffe-ovaal) 43°38′39.16″S 172°27′41.05″O / 43.6442111°S 172.4614028°O / -43.6442111; 172.4614028 (Lincoln Green)
Kapasiteit: onbekend Kapasiteit: onbekend
Image Image

Formaat

[wysig | wysig bron]

Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is oor 25 dae tussen agt verskillende spanne oor 31 wedstryde beslis. Dit het op 29 November 2000 op Bert Sutcliffe-ovaal in Lincoln met die openingswedstryd tussen die gasvroue Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op 23 Desember op dieselfde stadion met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Nieu-Seeland die Vrouekrieketwêreldbekertrofee gewen het.

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
November/Desember
Wo
29
Do
30
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
Groepfase 1 2 2 2 2 2 1 2 1 1 1 2 2 1 1 2 1 2
Uitklopfase
Desember
So
17
Ma
18
Di
19
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
Uitklopfase 1 1 1
Verklaring

 Groepwedstryde

 Uitklopfase

 Eindstryd

Groepfase

[wysig | wysig bron]

Die Vrouekrieketwêreldbeker 2000 is deur agt nasionale vrouekrieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Vrouekrieketraad genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span sewe wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een punt vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo gerangskik. Die vier beste spanne het het na die halfeindrondte deurgedring.

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel.

Wedstryde

[wysig | wysig bron]
Kwalifiseer vir die uitklopfase.
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

[wysig | wysig bron]

Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.

Span S W V O LT P
Vlag van Australië Australië 7700+1.98414
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 7610+2.00812
Vlag van Indië Indië 7520+0.71110
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 7430–0.4038
Vlag van Engeland Engeland 7340+0.4406
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka 7250–1.5724
Vlag van Ierland Ierland 7160–0.9832
Vlag van Nederland Nederland 7070–2.0980
29 November 2000

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
166/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
167/4 (47.3 boulbeurte)
Emily Drumm 74 (111)
Terry McGregor 4/18 (10 boulbeurte)
Karen Rolton 51 (54)
Katrina Keenan 1/26 (10 boulbeurte)
Australië wen met ses paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Brian Jerling (RSA)
Speler van die wedstryd: Terry McGregor (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
30 November 2000

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
256/3 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Nederland Nederland
116/9 (50 boulbeurte)
Charlotte Edwards 139 (152)
Teuntje de Boer 2/43 (10 boulbeurte)
Maartje Köster 27 (85)
Sarah Collyer 5/32 (10 boulbeurte)
Engeland wen met 140 lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Kathy Cross (NZ)
Speler van die wedstryd: Charlotte Edwards (Eng)
30 November 2000

Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
128/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
129/2 (39.4 boulbeurte)
Yulandi van der Merwe 42 (46)
Purnima Rau 3/12 (10 boulbeurte)
Mithali Raj 69 (95)
Kim Price 1/26 (10 boulbeurte)
Indië wen met agt paaltjies
Hagley-ovaal, Christchurch
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Mithali Raj (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Hanri Strydom (RSA) het haar EDI-debuut gemaak.
1 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Australië Australië
282/3 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
82 (39 boulbeurte)
Karen Rolton 154 (118)
Hiroshi Abeysinghe 1/36 (5 boulbeurte)
Dedunu de Silva 17 (30)
Avril Fahey 3/11 (7 boulbeurte)
Australië wen met 200 lopies
Hagley-ovaal, Christchurch
Skeidsregters: Billy Bowden en Kathy Cross (NZ)
Speler van die wedstryd: Karen Rolton (Aus)
1 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
99 (47.4 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
102/2 (24.5 boulbeurte)
Caitriona Beggs 31 (105)
Haidee Tiffen 2/14 (10 boulbeurte)
Paula Flannery 49 (69)
Saibh Young 1/14 (5 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met agt paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Peter Williams (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Paula Flannery (NZ)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
2 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
143 (47.5 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
144/5 (46.5 boulbeurte)
Kathryn Leng 46 (72)
Yulandi van der Merwe 3/25 (10 boulbeurte)
Sunette Viljoen 54 (62)
Lucy Pearson 2/14 (10 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met vyf paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Dave Quested en Peter Williams (NZ)
Speler van die wedstryd: Sunette Viljoen (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
2 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Indië Indië
275/4 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Nederland Nederland
121/6 (50 boulbeurte)
Anjum Chopra 69 (112)
Cheraldine Oudolf 2/44 (8 boulbeurte)
Carly Verheul 46 (54)
Smitha Harikrishna 2/10 (10 boulbeurte)
Indië wen met 154 lopies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Kathy Cross (NZ)
Speler van die wedstryd: Anjum Chopra (Ind)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Sunita Singh (Ind) het haar EDI-debuut gemaak.
3 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
90 (49.3 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
91/0 (20.3 boulbeurte)
Catherine O’Neill 28 (107)
Zoe Goss 4/10 (9.3 boulbeurte)
Lisa Keightley 49 (71)
Catherine O’Neill 0/25 (7 boulbeurte)
Australië wen met tien paaltjies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Billy Bowden en Dave Quested (NZ)
Speler van die wedstryd: Zoe Goss (Aus)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Louise Broadfoot (Aus) het haar EDI-debuut gemaak.
3 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
210/4 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
88 (49.3 boulbeurte)
Anna Smith 91 (137)
Indika Kankanange 1/26 (10 boulbeurte)
Hiroshi Abeysinghe 30 (96)
Katrina Keenan 2/17 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 122 lopies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Anna Smith (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Indika Kankanange (SL) het haar EDI-debuut gemaak.
4 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Indië Indië
155/7 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
147 (49.2 boulbeurte)
Chanderkanta Kaul 45 (79)
Clare Taylor 2/18 (10 boulbeurte)
Claire Taylor 60 (93)
Rupanjali Shastri 3/25 (10 boulbeurte)
Indië wen met agt lopies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Rupanjali Shastri (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
4 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nederland Nederland
92 (37.1 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
93/6 (26.2 boulbeurte)
Maartje Köster 36 (85)
Levona Lewis 4/20 (8.1 boulbeurte)
Daleen Terblanche 37 (80)
Cheraldine Oudolf 3/31 (10 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met vier paaltjies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Kathy Cross en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Daleen Terblanche (RSA)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
5 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
129 (47.3 boulbeurte)
t
Vlag van Ierland Ierland
119 (49.5 boulbeurte)
Hiroshi Abeysinghe 52 (112)
Isobel Joyce 2/15 (8 boulbeurte)
Karen Young 30 (112)
Chamani Seneviratna 3/18 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met tien lopies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Dave Quested (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Hiroshi Abeysinghe (SL)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
6 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Australië Australië
223/5 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
172/8 (50 boulbeurte)
Karen Rolton 61 (72)
Purnima Rau 2/35 (8 boulbeurte)
Anjum Chopra 47 (105)
Terry McGregor 3/38 (10 boulbeurte)
Australië wen met 51 lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Kathy Cross (NZ) en Simon Taufel (Aus)
Speler van die wedstryd: Lisa Keightley (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Arundhati Kirkire (Ind) het haar EDI-debuut gemaak.
6 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nederland Nederland
80 (48 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
81/2 (16.3 boulbeurte)
Caroline Salomons 26 (90)
Helen Watson 3/28 (10 boulbeurte)
Paula Flannery 36 (46)
Caroline Salomons 1/25 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met agt paaltjies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Peter Williams en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Catherine Campbell (NZ)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
7 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
103 (44.2 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
105/2 (29.3 boulbeurte)
Isobel Joyce 26 (38)
Clare Taylor 4/25 (10 boulbeurte)
Arran Brindle 44 (89)
Karen Young 1/17 (5.3 boulbeurte)
Engeland wen met agt paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Simon Taufel (Aus) en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Clare Taylor (Eng)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
8 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
134/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
135/4 (45.3 boulbeurte)
Chandrika Lakmalee 21 (27)
Kim Price 1/14 (10 boulbeurte)
Nolu Ndzundzu 1/14 (10 boulbeurte)
Daleen Terblanche 53 (87)
Hiruka Fernando 2/15 (6 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met ses paaltjies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Dave Quested en Kathy Cross (NZ)
Speler van die wedstryd: Daleen Terblanche (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
9 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
224/5 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Indië Indië
150/7 (50 boulbeurte)
Anna Smith 89 (146)
Neetu David 2/28 (10 boulbeurte)
Chanderkanta Kaul 59 (111)
Haidee Tiffen 2/23 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 74 lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Peter Parker (Aus) en Peter Williams (NZ)
Speler van die wedstryd: Anna Smith (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
10 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Australië Australië
190/7 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
136 (47.3 boulbeurte)
Zoe Goss 49 (79)
Clare Taylor 3/30 (10 boulbeurte)
Claire Taylor 45 (85)
Charmaine Mason 3/20 (8.3 boulbeurte)
Australië wen met 54 lopies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Peter Williams en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Cathryn Fitzpatrick (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
10 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
139 (47.1 boulbeurte)
t
Vlag van Nederland Nederland
113 (39.4 boulbeurte)
Rasanjali Silva 53 (105)
Tessa van der Gun 3/18 (4 boulbeurte)
Helmien Rambaldo 38 (64)
Chamani Seneviratna 4/23 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 26 lopies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Dave Quested (NZ) en Peter Parker (Aus)
Speler van die wedstryd: Rasanjali Silva (SL)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
11 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Indië Indië
199/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Ierland Ierland
169 (47.2 boulbeurte)
Anjum Chopra 70 (122)
Catherine O’Neill 3/33 (10 boulbeurte)
Caitriona Beggs 25 (47)
Rupanjali Shastri 2/31 (9 boulbeurte)
Indië wen met 30 lopies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Kathy Cross en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Anjum Chopra (Ind)
  • Ierland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
11 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
265/5 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
107 (35.4 boulbeurte)
Emily Drumm 108 (104)
Helen Davies 2/49 (10 boulbeurte)
Cindy Eksteen 47 (88)
Helen Watson 3/14 (5.4 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 158 lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Dave Quested (NZ) en Peter Parker (Aus)
Speler van die wedstryd: Emily Drumm (NZ)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Emily Drumm (NZ) teken ’n vrouekrieketwêreldbekerhonderdtal aan.[3]
12 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
242/4 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
137/9 (50 boulbeurte)
Claire Taylor 137 (145)
Dona Indralatha 2/45 (8 boulbeurte)
Hiroshi Abeysinghe 57 (116)
Kathryn Leng 3/16 (6 boulbeurte)
Engeland wen met 105 lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Peter Williams (NZ)
Speler van die wedstryd: Claire Taylor (Eng)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Claire Taylor (Eng) teken ’n vrouekrieketwêreldbekerhonderdtal aan.[3]
13 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
169/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
171/1 (25 boulbeurte)
Cindy Eksteen 46 (62)
Charmaine Mason 3/29 (10 boulbeurte)
Karen Rolton 107 (67)
Yulandi van der Merwe 1/40 (8 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Dave Quested (NZ)
Speler van die wedstryd: Karen Rolton (Aus)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Karen Rolton (Aus) teken ’n vrouekrieketwêreldbekerhonderdtal aan.[3]
14 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
232/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Nederland Nederland
191/8 (50 boulbeurte)
Caitriona Beggs 66 (115)
Sandra Kottman 2/38 (10 boulbeurte)
Rowan Milburn 71 (112)
Saibh Young 2/32 (8 boulbeurte)
Ierland wen met 41 lopies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Billy Bowden en Kathy Cross (NZ)
Speler van die wedstryd: Caitriona Beggs (Irl)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
14 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
238/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Engeland Engeland
145 (47.3 boulbeurte)
Rebecca Rolls 65 (58)
Dawn Holden 2/48 (10 boulbeurte)
Arran Brindle 27 (67)
Katrina Keenan 3/16 (8 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 93 lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Dave Quested (NZ)
Speler van die wedstryd: Rebecca Rolls (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
15 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Indië Indië
230/4 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
89 (49.2 boulbeurte)
Chanderkanta Kaul 80 (82)
Chamani Seneviratna 2/38 (9 boulbeurte)
Hiroshi Abeysinghe 26 (61)
Rupanjali Shastri 2/4 (4.2 boulbeurte)
Indië wen met 141 lopies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Billy Bowden (NZ) en Brian Jerling (RSA)
Speler van die wedstryd: Chanderkanta Kaul (Ind)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
  • Kavita Roy (Ind) het haar EDI-debuut gemaak.
16 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nederland Nederland
107/7 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
109/0 (24 boulbeurte)
Pauline te Beest 42 (69)
Avril Fahey 3/19 (8 boulbeurte)
Lisa Keightley 51 (70)
Teuntje de Boer 0/10 (5 boulbeurte)
Australië wen met tien paaltjies
Lincoln Green, Lincoln
Skeidsregters: Kathy Cross en Peter Williams (NZ)
Speler van die wedstryd: Lisa Keightley (Aus)
  • Nederland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.
16 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Ierland Ierland
176/9 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
177/1 (36.2 boulbeurte)
Anne Linehan 40 (69)
Sunette Viljoen 3/27 (10 boulbeurte)
Linda Olivier 101 (117)
Miriam Grealey 1/33 (7.2 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met nege paaltjies
Hagleypark, Christchurch
Skeidsregters: Brian Jerling (RSA) en Jeremy Busby (NZ)
Speler van die wedstryd: Linda Olivier (RSA)
  • Suid-Afrika het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
  • Linda Olivier (RSA) teken ’n vrouekrieketwêreldbekerhonderdtal aan.[3]

Uitklopfase

[wysig | wysig bron]
  Halfeindrondte Eindrondte
             
18 Desember – Lincoln
 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 180/8  
 Vlag van Australië Australië 181/1   23 Desember – Lincoln
     Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 184
20 Desember – Lincoln    Vlag van Australië Australië 180
 Vlag van Indië Indië 117
 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 121/1  

Halfeindrondte

[wysig | wysig bron]
18 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
180/8 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
181/1 (31.2 boulbeurte)
Linda Olivier 41 (101)
Charmaine Mason 3/39 (10 boulbeurte)
Lisa Keightley 91* (97)
Cindy Eksteen 1/39 (9 boulbeurte)
Australië wen met nege paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Billy Bowden en Steve Dunne (NZ)
Speler van die wedstryd: Lisa Keightley (Aus)
  • Australië het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen.
20 Desember 2000
(D/N)
Telkaart
Vlag van Indië Indië
117 (45.2 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
121/1 (26.5 boulbeurte)
Purnima Rau 67 (133)
Kathryn Ramel 2/12 (5 boulbeurte)
Anna Smith 50* (90)
Neetu David 1/18 (5 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met nege paaltjies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Kathy Cross (NZ) en Brian Jerling (RSA)
Speler van die wedstryd: Anna Smith (NZ)
  • Indië het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Eindstryd

[wysig | wysig bron]
23 Desember 2000

Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
184 (48.4 boulbeurte)
t
Vlag van Australië Australië
180 (49.1 boulbeurte)
Kathryn Ramel 41 (63)
Cathryn Fitzpatrick 3/52 (9.4 boulbeurte)
Belinda Clark 91 (102)
Katrina Keenan 2/19 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met vier lopies
Bert Sutcliffe-ovaal, Lincoln
Skeidsregters: Peter Parker (Aus) en Dave Quested (NZ)
Speler van die wedstryd: Belinda Clark (Aus)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en gekies om eerste te kolf.


Vrouekrieketwêreldkampioen 2000
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland

Statistiek

[wysig | wysig bron]

Finale puntestand

[wysig | wysig bron]

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale vrouekrieketspanne in die Vrouekrieketwêreldbeker 2000.

Image
Uitslag van die Vrouekrieketwêreldbeker 2000:

 Kampioen

 Naaswenner

 Halfeindrondte

 Groepfase

 Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W O V LV LT LD LT P
Finaliste
1Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland980115911133+45816
2Vlag van Australië Australië980115941286+30816
In die halfeindrondte uitgeskakel
3Vlag van Indië Indië850314271222+20510
4Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika840411331291–1588
In die groepfase uitgeskakel
5Vlag van Engeland Engeland730411741083+91+0.4406
6Vlag van Sri Lanka Sri Lanka72057981331–533–1.5724
7Vlag van Ierland Ierland7106988994–6–0.9832
8Vlag van Nederland Nederland70078201185–365–2.0980

Meeste lopies en paaltjies

[wysig | wysig bron]
Meeste lopies aangeteken:[1]
Naam Lopies
1 Vlag van Australië Karen Rolton 393
2 Vlag van Australië Lisa Keightley 375
3 Vlag van Australië Belinda Clark 351
4 Vlag van Nieu-Seeland Emily Drumm 339
5 Vlag van Nieu-Seeland Anna Smith 308
Meeste paaltjies geneem:[2]
Naam Paaltjies
1 Vlag van Australië Charmaine Mason 17
2 Vlag van Engeland Clare Taylor 14
3 Vlag van Australië Avril Fahey 13
4 Vlag van Nieu-Seeland Katrina Keenan 12
5 Vlag van Australië Cathryn Fitzpatrick 11

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 (en) "Most runs in CricInfo Women's World Cup, 2000/01". ESPNcricinfo. 23 Desember 2000. Besoek op 14 November 2025.
  2. 1 2 (en) "Most wickets For CricInfo Women's World Cup, 2000/01". ESPNcricinfo. 23 Desember 2000. Besoek op 14 November 2025.
  3. 1 2 3 4 5 6 (en) "List of hundreds for Women's World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 November 2025.
  4. (en) "List of five-wickets-in-an-innings For Women's World Cup". ESPNcricinfo. Besoek op 14 November 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Vrouekrieketwêreldbeker Image

Engeland 1973Indië 1978Nieu-Seeland 1982Australië 1988Engeland 1993Indië 1997Nieu-Seeland 2000Suid-Afrika 2005Australië 2009Indië 2013Engeland 2017Nieu-Seeland 2022Indië / Sri Lanka 2025